Roei “Jinji” Sadan van die Rosh HaNikra-kibboets in die noorde van Israel het van 2007 tot 2011 deur 42 lande op ses vastelande fietsgery. In 2015 het hy selfs 'n noue ontkoming oorleef.

Hy is dood nadat hy op 10 Maart deur 'n bus getref is terwyl hy naby sy eie huis fietsgery het. 

Roei Sadan in die hospitaal.
Roei Sadan in die hospitaal. Foto: @roeisadan/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Toe dokters ná die ongeluk by die 39-jarige Sadan kom, het hy geen lewenstekens getoon nie. Hy is bygebring en na ’n hospitaal in die naburige stad Nahariya gehaas. Daar is hy onder verdowing geplaas en aan ’n ventilator gekoppel. 

Tydens sy fietstoer van vyf jaar het hy van Alaska tot by die weskus van die Amerikas, van Suid-Afrika na Ethiopië, van Spanje deur Turkye en sentraal-Asië tot in China en om die Australiese kus gereis.  

Toe dokters ná die ongeluk by die 39-jarige man ko
Toe dokters ná die ongeluk by die 39-jarige man kom, het hy geen lewenstekens getoon nie. @roeisadan/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Op sy reis het hy by skole, ambassades en sinagoges motiveringspraatjies gelewer en sy gehore aangemoedig om hul drome na te jaag. 

In 2015 is hy byna dood toe hy van ’n hoogte van honderde meter geval het terwyl hy in Indië berggeklim het. 

Hy is deur ander klimmers gered. Hulle het vir hom suurstof toegedien tot mediese hulp per helikopter opgedaag het. Terug in Israel was hy langer as ’n maand in ’n koma in die hospitaal.

Al het hy verskeie beserings opgedoen, onder meer ’n breinbesering, is Sadan ná ses maande ontslaan.

Sadan het ná sy ongeluk aan chroniese moegheid en ’n verswakte korttermyngeheue gely. Maar hy was goed op die pad na herstel voor die ongeluk wat sy lewe geëis het.