Dit was beslis die geval vir die Twitter-gebruiker Mark Shrayber wat sy verknorsing op dié platform gedeel het.

Mark het besorg geraak toe sy bene blou lyk. Nadat hy sy simptome op ’n gewilde gesondheidswebtuiste opgesoek het, het hy hom na die noodeenheid gehaas.

“Na die noodeenheid gegaan, want my bene het blou verkleur en Web MD sê ek het diepaartrombose,” twiet hy.

“Was dit dit? Die grote?”

Die blyk Mark het vergeet om sy nuwe jeans te was voor hy dit gedra het.

Terwyl party Twitter-gebruikers oor sy blaps gelag het, het ander stories gedeel oor hul eie selfdiagnose wat skeefgeloop het.

“’n Fase beleef waar ek baie besorg was ek het ’n breingewas of iets, want alles wat ek geëet het – insluitend dinge soos pasta met marinarasous – het soos peperment gesmaak. Eindelik besef ’n bottel peperment-ekstrak het oor al my potte en panne uitgestort,” skryf ’n gebruiker.

“Herinner my aan die keer toe ek op die punt was om my ses maande oue baba na die noodeenheid te neem, want sy voet was pers,” twiet ’n ma.

“Kom toe uit iemand het vergeet om op sy dagsorgblad in te vul hulle het daardie dag voetafdrukverf gedoen.”

Bronne: Mirror UK, Twitter