Haar agtergronddansers het gesukkel om haar te dra en sy het oorgewig en ongelukkig gelyk.

Die internettrolle het gekraai.

Maar die popster het onlangs met ’n slanker lyf gespog – glo danksy ’n maagverkleining in Oktober. Sy het die operasie (’n deel van die maag word verwyder sodat ’n mens gouer versadig voel) ondergaan uit moedeloosheid oor die neerhalende opmerkings oor haar lyf.

NOU
TOE

Sy het begin gewig aansit nadat sy en haar verloofde, James Packer, in 2016 uitgemaak het. Mariah, wat nou met haar gewese agtergronddanser Bryan Tanaka (36) uitgaan, voel eindelik “baie beter oor haarself”

Nog sterre wat so ’n operasie ondergaan het:

ROSEANNE BARR (-90 kg)

GABOUREY SIDIBE (-45 kg)  


SHARON OSBOURNE (-45 kg)


MAMA JUNE (-136 kg)

Foto's: Gallo Images/Getty Images