Die plaaslike media het berig Debora het beheer oor die voertuig verloor en “minstens drie keer” gebots.

Tydens die impak het haar hare uit haar helm losgekom en in een van die wiele vasgehaak, lui berigte.

Die trekkrag het glo haar hare geruk en amper haar hele kopvel afgeruk.

Debora Oliveira
Debora het al haar hare in die ongeluk verloor. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

“Ek het ’n pluk gevoel. Ek het toe later die helm afgehaal en sitplekgordel verwyder en opgestaan. Ek het gebloei. Ek was geskok en het begin skree,” het Debora aan die plaaslike media vertel.

Die tiener is na die Restauracion-hospitaal gebring waar sy vyf uur lank herkonstruktiewe chirurgie – wat haar- en veloorplantings ingesluit het – ondergaan het.

Die plaaslike media berig die operasie het gehelp dat 80% van die beseerde deel vervang kon word. Haar herstelproses kan na verwagting tot 2021 duur.

Intussen het die gemeenskap van die Pernambuco Indoor Kart Challenge, wat die afgelope 15 jaar die toernooi reël, skenkings vir Debora begin insamel.

Debora Oliveira
Tydens die impak het haar hare uit haar helm losgekom en in een van die bande vasgehaak. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Hulle het al sowat R184 000 ingesamel.

Die Walmart-winkel waar die wedren plaasgevind het, het in ’n persverklaring gesê: “Ons berou dit en ons is in kontak met die familie om die nodige bystand aan die slagoffer te verleen.”

Debora het sowat R368 betaal om aan die wedren deel te neem, wat sy saam met haar kêrel en dié se ma bygewoon het.

Debora Oliveira
Die operasie het gehelp dat 80 persent van die beseerde deel vervang kon word. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Toe sy in die knortjor klim, was haar hare glo lank genoeg om haar heupe te bereik.

Daar is geen berigte oor enige ondersoeke rondom die voorval nie.