Die gevlekte luislang is die wêreld se langste en onder die drie swaarste slange. Hulle kan tot 160 kg weeg. 

Maar twee kleine meisies is glad nie bang vir die massiewe reptiele nie. 

Dié twee dapper kleingoed van Indonesië het onlangs mense op Facebook behoorlik laat gril.


Hulle lyk asof hulle op die Cobra by Ratanga Junction sit en is min gespin oor die gevaar wat die massiewe slang vir hulle inhou. 

Dié twee glimlag omtrent vir die persoon met die selfoonkamera wat hulle opneem terwyl hulle die pretrit geniet.

Die video is al sowat drie miljoen keer op Facebook gekyk, berig Mirror.co.uk.