’n Vrou van Meyerton is met ’n byl in haar huis aangeval en die hoofslaapkamer aan die brand gesteek.

Die gruvoorval het Woensdagaand omstreeks agtuur in die kleinhoewebuurt Glen Donald plaasgevind en die vrou is na ’n hospitaal gebring. Haar ouers wat saam met haar in die huis woon, is nie beseer nie.

Kol. Maria Letsele van die Gautengse polisie sê die oortreders het toegang tot huis deur die hoofslaapkamer se venster gekry. “Dit is onbekend wat die oorsaak van die brand was en ’n ondersoek daarna is aan die gang.” 

Volgens haar het die vrou veelvuldige beserings aan haar lyf opgedoen en is sy aan die herstel. 

Niks is uit die huis gesteel nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.