book-icon Uitgawe 18 Februarie 2021

Miaau, blaf en tjirp – sy verstaan als wat jou troeteldier sê

akkreditasie
Lexi die hond, glo Claire se geestelike gids, is jare gelede op Melkbosstrand oorlede en help haar glo om diere op te spoor. Foto: Verskaf
Lexi die hond, glo Claire se geestelike gids, is jare gelede op Melkbosstrand oorlede en help haar glo om diere op te spoor. Foto: Verskaf

Aan die ander kant van die lyn in die verre Engeland hoor ’n mens ’n vreemde heen-en-weer-gesprek. Daar’s die verergde gebrom van ’n dier, gevolg deur ’n vrou wat verskonend fluister.

Dan verduidelik Claire Reid die onderbreking: Haar krimpvarkie, Sonic, het pas met haar geraas. “Jy praat te hard; jy versteur my slaaptyd . . . het jy geen skaamte nie,” vertaal sy summier die diertjie se woorde.

Jy dink eers sy spot. Ons almal “gesels” tog met ons dierevriende, of hoe? Maar Claire hou vol: Sy kan Sonic verstaan. Hy praat met haar in ’n swaar Londense Cockney-aksent.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees