Die driejarige woelwaterkleuter Nathan Ungerer, wat deesdae in Middelburg saam met sy ma bly, kon al van geboorte nie skoene aantrek nie.
Maar dit sal nou hopelik verander wanneer hy binne die volgende paar maande ’n vyfde – en hopelik laaste – operasie sal ondergaan om sy linkervoet te laat verklein.

Die ondeunde klein Nathan Ungerer. Foto: Papi Mora
Die ondeunde klein Nathan Ungerer. Foto: Papi Morake/ Huisgenoot

Aanvanklik is Milroy se siekte, oftewel limfedeem, ná sy geboorte by Nathan gediagnoseer. Maar ’n MRI-skandering het later gewys dis eintlik ’n vetgewas wat in die weefsel ingroei.

Huisgenoot het in Augustus 2017 die eerste keer oo
Huisgenoot het in Augustus 2017 die eerste keer oor klein Nathan Ungerer berig.
Huisgenoot het in Augustus 2017 die eerste keer oo
Huisgenoot het in Augustus 2017 die eerste keer oor klein Nathan Ungerer berig.

“Die operasies tot dusver was ’n sukses en die voetjie is al aansienlik kleiner. Dis wel so dat die linkervoet (soos wat met Milroy se siekte gebeur) twee keer so vinnig as die regtervoet gegroei het, maar ons was verlig om te hoor dit is nie oorerflik nie en die voet sal nie verder groei nie,” vertel Selona van Wyngaard, Nathan se ouma van Roodepoort aan die Wes-Rand.

Klein Nathan se voet lyk vier operasies later, dee
Klein Nathan se voet lyk vier operasies later, deesdae baie kleiner. Foto: Verskaf

Huisgenoot het in Augustus 2017 by hulle gekuier voor Nathan by die regte dokter uitgekom en met die reeks operasies begin het om stelselmatig die vetgewas binne die voet te laat verwyder.

Selona vertel Nathan en sy ma, Soné van Aswegen (20), het intussen na Middelburg in Mpumalanga verhuis en kom na Johannesburg om die operasies by ’n plaaslike hospitaal in die Wes-Rand te ontvang.

Nathan Ungerer moes al verskeie operasies aan sy l
Nathan Ungerer moes al verskeie operasies aan sy linkervoet ondergaan. Foto: Verskaf

Selona bars van trots oor haar dogter en kleinkind. “Soné kyk só mooi ná daai kind . . . Hulle bly op ’n plaas en sy het ’n goeie man ontmoet wat goed is vir hulle,” vertel sy oor haar dogter. Soné was nog ’n tiener toe sy ’n enkelma word. Sy het vandeesweek baie trots ’n foto vir haar ma en al hul ondersteuners gestuur om te wys Nathan het selfs die afgelope week vir die eerste keer perd gery.

Klein Nathan ry vir die eerste keer perd hier saam
Klein Nathan ry vir die eerste keer perd hier saam met sy ma, Soné, waar hulle nou in Mpumalanga bly. Foto: Verskaf
Klein Nathan is 'n tipiese bedrywige driejarige. F
Klein Nathan is 'n tipiese bedrywige driejarige. Foto: Verskaf
Nathan Ungerer hier by sy ma, Soné, hanteer sy sit
Nathan Ungerer hier by sy ma, Soné, hanteer sy situasie baie moedig. Foto: Verskaf

“Nathan lag altyd. Hy raak net ál ouliker. Die voet sal selfs ná die laaste operasie maar altyd rond wees, maar Nathan gaan tekere asof dit hom glad nie pla nie. Ek het nou ’n paar pantoffels gesien, wat ek dink nou sal pas en ek graag vir hom sal wil koop, maar skoene het hom nog nooit gepla nie. Sy geesdrif verstom my elke dag.”