Adj. Derek Rousseau (56) wat die afgelope 36 jaar by die aanklagkantoor (Vispol) aan diens was, is Maandag in die Life Midmed-hospitaal oorlede.

Derrek was 'n adjudant in die polisiemag vir die a
Derek was die afgelope 36 jaar 'n adjudant in die polisiemag. Foto: Verskaf

Sy dood was nie net traumaties vir sy familie en 13-jarige dogter nie, maar ook vir sy drie honde en twee katte wat nou sonder ’n heenkome is.

Jessey (heel voor) is 'n wyfie en omtrent 4 jaar o
Jessey (heel voor) is 'n wyfie en omtrent 4 jaar oud. Sy soek ook graag 'n nuwe huis. Foto: Verskaf

“Derek was ’n wonderlike mens en het drie honde en twee katte gehad vir wie hy verskriklik lief was,” vertel Annatjie Rousseau, Derek se skoonsuster. 

“Ons wil die diere nie net van kant laat maak of DBV toe neem nie, want dit was my boetie se diere. Hy was regtig lief vir hulle en ons wil baie graag goeie huise vir hulle elkeen kry.”

Die 4-jarige Luka, 'n reun, soek ook 'n nuwe heenk
Die 4-jarige Luka, 'n reun, soek ook 'n nuwe heenkome ná sy baas se dood. Foto: Verskaf

Sowel Derek as sy pa, Nic (81), het in Junie positief getoets vir covid-19 en hulle moes in die hospitaal opgeneem word. Etlike dae later is Nic oorlede.

Derrek (regs) saam sy pa, Nic. Beide is aan covid-
Derek (regs) saam met sy pa, Nic. Albei is aan covid-19 oorlede. Foto: Verskaf

Derek is toe ontslaan, maar ’n skandering die dag voor sy dood het ’n enorme gewas tussen sy longe aangedui.

Hy sou die volgende dag weer opgeneem word vir ’n operasie om dit te verwyder, maar dit was ongelukkig reeds te laat.

Intussen probeer Annatjie en Derek se broer, Grant, hard om ’n nuwe heenkome vir elk van sy diere te vind. Annetjie-hulle kan nie self die diere inneem nie omdat hulle self ’n paar troeteldiere het en hul erf nie groot genoeg is om nog diere in te neem nie.

Tussen haar en Grant kon hulle reeds huise vir twee van die diere kry, maar soek hulle nog huise vir een kat en twee honde. 

Grysie, die mannetjieskat is omtrent twee jaar oud
Grysie, die mannetjieskat is omtrent twee jaar oud. Hy is een van Derek se troeteldiere wat nou sonder 'n heenkome sit. Foto: Verskaf
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe