Volgens die Chalong-polisie is een van die bote die Phoenix PD met 97 mense aan boord wat naby Koh Hei, suid van Phuket, gesink het. Van die passasiers is deur ’n verbygaande vissersboot gered.

“Toeriste dryf in die see rond,” het die polisie gesê.

Nog ’n toeristeboot (waarvan die naam foneties soos Zanetta klink) met ongeveer 39 mense aan boord, het naby Koh Mai Thon suidoos van Phuket gesink.

Sterk wind en swaar neerslae asook die tyd van die dag bemoeilik die reddingspogings.

Volgens die Bangkok Post is 70 mense reeds deur die koninklike vloot van Thailand en vissersbote gered. Een van die oorlewendes het ernstige beserings opgedoen en nog nege is minder ernstig beseer.

’n Russiese paartjie op ’n waterponie is ook later naby Koh Racha gered nadat hulle kontak met die land verloor het.

Bronne: bangkokpost.com, huffingtonpost.uk, thephuketnews.com, bangkokjack.com