Drie reddingsvoertuie en ’n hommeltuig is na die ongelukstoneel ontbied om na moontlike oorlewendes te help soek.

Die ligte vliegtuig en helikopter het altwee van die Wycombe-lughawe naby High Wycombe noordwes van Londen opgestyg.Dié lughawe is ook 'n plek waar leerlingvlieëniers opleiding geniet.

Wrakstukke van die twee tuie het naby die geskiedkundige en gewilde trou-venue Waddesdon Manor in Buckinghamshire neergestort.

Personeel van die Waddesdon-landgoed, wat deur een van die vooraanstaande Rothschild-gesin se stigtings behoort, het onmiddellik hulp aan die reddings- en noodspanne verleen en gehelp om ’n kordon om die gebied te span.

Daar was ’n Kersmark aan die gang op die landgoed ten tye van die voorval.
Die polisie het intussen bekend gemaak dat dit hul hoogste prioriteit is om “lewens te red”. Daar is egter nog geen verdere besonderhede oor die insittendes van die twee tuie bekend gemaak nie.
WADDESDON MANOR
  • Die herehuis is gebruik in die fliek The Queen (met Helen Mirren) asook The Crown (die biografiese televisiereeks oor koningin Elizabeth II), in die televisiereeks Downton Abbey. 
  • Dit is tussen 1874 en 1889 gebou.
  • Meer as 390 000 besoekers per jaar maak dit een van die nasionale trust se bestemmings wat met die hoogste besoekerstal spog.

Bronne: dailymail.co.uk, thesun.co.uk, bbc.com