“Dit is ek wat eindelik my seuntjie kan vashou. Dit is hoe dit lyk om 24 uur lank in geïnduseerde kraam te wees nadat ek ’n ongeluk oorleef het wat my man en seuntjie doodgemaak het. Alles net oor iemand gedink het dis reg om gesuip te raak en te bestuur.”

By die plasing het Kristian ’n foto gedeel waarin sy haar stilgebore babatjie vashou. Haar doel? Om bestuurders te waarsku en te wys wat kan gebeur as hulle drink en bestuur.

Kristian, van San Marcos, Texas, se wêreld het in Augustus 2016 in duie gestort toe ’n dronk student in hul voertuig geploeg het.

Die student was besope en in ’n tweestuk geklee, berig Daily Mail.

Die ongeluk het die lewe van Kristian se man, Fabian Guerrero, en hul ongebore seuntjie geëis.

Kristian en Fabian was slegs nege maande getroud ten tyde van die voorval.

Sedert die tragiese voorval is Kristian op ’n missie om te verseker dat ander nie dieselfde pyn moet verduur as wat sy die afgelope jaar moes verduur nie.

Die jong weduwee is vasbeslote om bewustheidsveldtogte te loods om sodoende te verseker dat haar man en seuntjie se dood ’n positiewe gevolg kan hê.

Nog ’n gedeelte uit haar inskrywing lui: “Ek sal aanhou om bewustheid te versprei. Ek is agterlaat om die stryd vir my man en kind te baklei en ek sal aanhou tot die einde van my dae.”

Die paartjie het verskriklik uitgesien na die gebooorte van hul seuntjie, en Fabian het slegs ’n paar uur voor die tragiese voorval permante verblyfreg in Amerika gekry.

Bronne: Facebook, Daily Mail