Lees hier sy roerende gedig wat hy etlike dae voor sy suster en Joey se dood geskryf het. 

Dáár sien ek jou weer

(deur Wynand van Niekerk)

Gewonder gewens gevloek
dae lank agter jou bly soek
Roep! Roep!
maalkolk in my gemoed.
Verpletter verplat verdrink
my hart aan flarde
Soek! Soek!
emosies saam gekoek - gesink.
Betreur bepeins bedink
verlange bly heeltyd vir my wink
Waar? Waar?
wou nog glasies saam jou klink
Dwarrel dwarrel dwaas soos in ‘n waas
en dan helaas - ‘n kans!
Gebid gehoop gerou
dit alles voel so permanent
Kyk! Kyk!
in ewigheid in gesement
die dood se angel afgeskeur
en daar,
ja dáár sien ek jou weer.

Anisha en Joey is volgens die polisie in Desember verlede jaar verkrag, vermoor en hul lyke verbrand. Die egpaar het op ’n kleinhoewe in Mooinooi Noordwes gewoon. Die polisie het reeds sewe mense in hegtenis geneem vir verkragting, moord en menseroof. 

Einde Desember het die polisie beendere wat hulle meen aan die egpaar behoort, langs die R104 op pad Rustenburg toe gevind. Die DNS-uitslae is nog nie bekend nie.