Met ER24-paramedici en reddingsdienste se aankoms by die toneel het hulle die voertuig op sy kant aangetref.

Die motor was vasgevang tussen ’n heining en rifmuur.

Met nadere ondersoek het paramedici bevind dat die liggame van drie mans binne die veortuig vasgekeer is. Die liggaampie van die 1-jarige het ’n entjie verder in die rivier gelê.

Die pasiënte is ondersoek en daar is bevind dat hulle reeds aan hul wonde beswyk het. Al vier is op die toneel dood verklaar.

Luidens berigte is twee ander pasiënte na ’n hospitaal vervoer voor paramedici se aankoms op die grusame toneel.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê gespesialiseerde redding spanne is na die tonbeel ontbied om die oorledenes ut die wrak te bevry.

“Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.”