“Dit is nie eens ek wat die foto gedeel het nie, maar mans bel my in die middernagtelike ure of sal sommer ’n WhatsApp-video-oproep maak. 

“Dit hou nie op nie. Hoe kan mans so min respek vir vroue hê!” sê die ma. 

In die skermgreep het die ouer gereageer op Linda* se flater. 

“Nou begin almal my ook bel. Ek kry oproepe van selfs uit Nieu-Seeland. Ek is besig om van my kop af te raak,” sê sy woedend. 

Volgens haar is die foto reeds agt maande gelede op die groep gedeel. 

“Ons het almal onderneem om dit soos grootmense te hanteer, maar iemand op die groep was gevoelloos en het gedink dit is baie snaaks om nou die skermgreep aan te stuur.”

“Ons het almal onderneem om dit soos grootmense te hanteer, maar iemand op die groep was gevoelloos en het gedink dit is baie snaaks om nou die skermgreep aan te stuur.” 

“Ek het onlangs verjaar en dan wil ’n mens mos jou foon antwoord wanneer iemand jou bel om jou geluk te wens, maar ek is te bang om my foon te antwoord. Ek sal binnekort my nommer verander.” 

Die ouer sê daar is reeds ’n ondersoek aan die gang om die persoon op te spoor. Sy wou nie enige besonderhede oor die ondersoek bekendmaak nie.

Nog ’n ouer het op Huisgenoot se boodskappe gereageer en ook gesê haar lewe is hel gemaak deur die “perverse mans” wat haar ook teister. 

“Dit maak my mal,” sê sy in ’n WhatsApp-boodskap. 

“Ek weet wel wat gebeur het, maar dis nie my besigheid nie en lankal vergete.” 

Linda* het intussen haar Facebook-profiel verwyder. Haar foon is ook af en haar stempos vol. 

*Skuilname is gebruik.