Nie een van die beskuldigdes is tans in aanhouding nie.

Dit boonop deur mense wie ons eerlikwaar ten volle vertrou en liefgehad het.

“Ek kan nog steeds nie vir my seuns sê dis verby nie. Hulle moes vir die grootste deel van hul lewe deur dinge gaan waardeur geen kind ooit moet gaan nie, en dit boonop deur mense wie ons eerlikwaar ten volle vertrou en liefgehad het. Daardie mense het hulle feitlik vernietig,” het die betraande ma gesê.

Die seuns is onderskeidelik vyf en sewe jaar oud. In 2016 het haar jongste seun (toe vier) vir haar en haar man van die beweerde verkragting vertel.

Reeds van jongs af is die kinders daagliks by hul grootouers se huis in Alberton afgelaai en later weer opgelaai.

Die kinders het gereeld probleme by die skool met onvanpaste gedrag.

’n Minderjarige familielid het na bewering eerste begin om die jongste seun seksueel te molesteer. Dit het later in verkragting oorgegaan. Sy ouma en oupa het hom na bewering ook verkrag.

Die gebroke ma sê haar kinders worstel met dit wat daagliks met hulle gebeur het.

“Die kinders het gereeld probleme by die skool met onvanpaste gedrag - soos blootstelling en om speletjies te speel wat kinders nie moet speel nie.”

Sy en haar man is besig om hul van te verander en om hulle van die familie wat sy as “monsters” beskryf, te vervreem.

Die kinders verwys nou na hul grootouers en die derde beskuldigde as “die lelike gesin”.

“Die saak het in Januarie 2016 begin. Die verhoor het tot nou toe nog nie ’n aanvang geneem nie. Dit het ’n impak op die gesin en ons moet verduidelik hoekom die kinders soms skool moet misloop en waarom ons soms nie by die werk kan wees nie.

“Ons sal nie stop tot waar geregtigheid geskied het nie. Ons as ouers wil net hoor dis afgehandel. Ons sal aanhou en veg namens ons kinders,” het sy gesê terwyl die trane van haar wange stroom.

Bron: news24.com