‘ ’n Mens kan nie dink jou lewe kan in ’n oogwink verander nie’ – so gaan dit met baba Mienke

akkreditasie
Mienke saam met haar ma Verna in die hospitaal. Foto: Facebook
Mienke saam met haar ma Verna in die hospitaal. Foto: Facebook
Baba Mienke is al vir vier dae in ’n rehabilitasiekliniek in Aucklandpark, Johannesburg, nadat sy breinskade opgedoen het toe sy aan melk gestik het.

Maar dit blyk of dié klein vegter goed vordering maak.

“Sy het haar beentjies opgetrek en as ek haar voete kielie krul haar tone,” vertel haar pa Ryno Mulder.

Mienke is aanvanklik na die die Mediclinic Nelspruit geneem nadat sy by 'n dagsorgsentrum aan melk gestik en blou in die gesig begin geraak het. Sy is later per lugambulans na Midrand hospitaal geneem.

Sy het ernstige breinskade opgedoen en word nou by die rehabilitasiekliniek behandel.

“Dit is nog te vroeg om te bepaal waarop hulle gaan konsentreer. Die terapeute evalueer nog vir Mienke om te bepaal op wat hulle gaan konsentreer,” sê hy.

"Dit het my hart baie bly gemaak om te sien dat sy bietjie gewig ook opgetel het.”

Ryno werk in Nelspruit en kom elke naweek deur om by Mienke en sy vrou, Verna Rheeders-Mulder, te wees.

“Dit is baie moeilik, maar my vrou was onlangs weer by die huis en dit was lekker gewees om haar daar te hê. 'n Mens kan nie dink jou lewe kan so in ’n oogwink verander nie.”

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees