’n Nuwe man pronk aan die sy van Graeme Smith se eks – en 5 goed wat jy van hom moet weet

akkreditasie
Morgan Deane - Facebook
Morgan Deane - Facebook

Die tonge klap oor ’n kiekie wat die Amerikaanse gemengdegevegskunsstoeier Ian Mindham (24) onlangs op Instagram gedeel het. Op die foto lek hy ewe spelerig Morgan (32) se wang. By die kiekie skryf hy: Aandete is bedien.

Morgan het onlangs ’n foto van hulle saam op Instagram gedeel. By die foto, waar hulle langs mekaar pryk, het sy net ’n emoji met hartjie-oë gedeel. Die twee het ook nie lank gelede nie ’n uitstappie geniet in Kaapstad, waar Morgan woon. 

Ian het vroeër op Instagram onthul hy werk en woon in Durban. Hoe en waar die twee mekaar ontmoet het, is onbekend. Wat ons wel van die sosiale media kan aflei, is dat Morgan en Ian saam uitgehang het toe Morgan in Augustus saam met ’n pel, Thandie Kupe, in Manhattan, New York, was. Thandie het toe op Instagram gesê Ian is haar broer se beste pel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees