Katie Holmes (38) en Jamie Foxx (49) het kaalvoet op die strand in Malibu, Kalifornië, geloop toe Daily Mail ’n paar kiekies neem. En hulle kon natuurlik nie uit die water bly nie; hulle het sommer klere en al in die see baljaar.

Katie en Jamie is na bewering al vier jaar ’n paartjie. Foto: Getty Images.

Gerugte doen al sedert 2013 die ronde dat die twee akteurs ’n paartjie is, maar nie een van hulle het dit al in die openbaar erken nie. ’n Bron het in 2015 aan people.com gesê dat hulle al jare lank vriende is. 

"Hulle is twee grootmense wat albei aantreklik en enkellopend is; daar sal dus gevolgtrekkings gemaak word. Maar hulle sal nie ewe skielik drasties ernstige besluite daaroor neem nie," vertel die bron.

Katie en Tom Cruise se paaie het in 2012 ná ’n huwelik van ses jaar geskei. Luidens berigte mag Katie vyf jaar lank, weens Tom se egskeidingsooreenkoms, met niemand ’n verhouding aankoop nie. Maar dit blyk dié bepaling het nou verval.

Katie Holmes en Tom Cruise. Foto: Getty Images.

Die gewese egpaar het ’n 11-jarige dogter, Suri.

Katie Holmes en haar 11-jarige dogter, Suri. Foto: Getty Images.

Katie en Jamie is ook ’n paar maande gelede saam gesien in Parys terwyl Tom net ’n paar treë van hulle af aan Mission: Impossible verfilm het. 

Ons kan skaars wag om te sien hoe die liefde blom!

Bronne: E! Online, Telegraph.co.uk, People.com