Rianza se man, dr. Ruhann Snyman (30), ’n narkotiseur wat by die Emfuleni Mediclinic praktiseer, was by gewees toe hul seuntjie, Sebastian, op 27 Maart in dié hospitaal gebore is.

Hoewel Ruhann nie die dokter was wat Rianza behandel het op die dag nie, het hy die paartjie se seuntjie uit Rianza se maag gehaal tydens 'n keisersnee en die naelstring geknip.

Sebastian het 2.9 kg geweeg en is ’n gesonde baba.

“Ons is baie dankbaar my ginekoloog het my man die geleentheid gegee om hom te assisteer met die geboorte. Ek was baie bang. Seker omdat dit nie my eerste keer is nie, maar hy (Ruhann) het my heeltyd gerus gestel en gesê ek is in goeie hande.

“Ek was nogals jaloers dat my man boetie eerste kon vashou, maar ek is trots op hom,” skerts sy.

Foto: Verskaf
Tydens die keisersnee. Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Ruhann Snyman, 'n narkotiseer, het sy vrou se ginekoloog bygestaan tydens hul seun se geboorte. Foto: Verskaf

Rianza is ’n grimeerkunstenaar maar “my belangrikste werk is dié van ma-wees” sê sy.

Die egpaar het ’n vierjarige dogtertjie Milané.

“Ons is so geseënd met albei ons kinders. Ek was nogals benoud oor hoe sussie gaan reageer oor die verandering, maar ek kon die opgewondenheid in haar ogies sien toe sy hom ontmoet.”

Foto: Verskaf
Ruhann is die eerste een wat hul kleinding vasgehou het. Foto: Verskaf

Sy help my al klaar so mooi en is só liefdevol. Sy is al klaar ’n regte mamma,” sê Rianza.

Rianza erken dit is moeilik omdat Ruhann in ’n hoë risiko-omgewing in die hospitaal werk. Die risiko om aan die COVID-19-virus blootgestel te word, is soveel meer.

“Ek is bekommerd (oor die virus) maar ons tref alle voorsorgmaatreëls en Ruhann bly op hoogte van die nuutste protokol om sy pasiënte en ons by die huis te beskerm. Ons glo en bid dat die Here ons van enige kwaad sal beskerm,” sê sy.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Rianza sê hulle is innig dankbaar vir haar skoonsus en swaer wat na Milané omgesien het toe sy vir drie dae in die hospitaal was ná Sebastian se geboorte sowel as al die gesondheidswerkers by die Emfuleni Mediclinic wat haar bygestaan het.