Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan dele van die Wes-Kaap en Noord-Kaap eindelik weer reën verwag oor die komende naweek. 

Dié droogtegesteisterde provinsies kan Saterdag en Sondag ligte tot matige reënval (10 mm of minder) oor die oostelike en sentrale dele verwag.

Die kolomme wys die uurlikse reënval in millimeter. Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Maandag kan inwoners van albei provinsies egter op stewiger reën staatmaak met selfs ’n paar donderstorms wat voorspel word.

Slegte nuus is egter dat die Kaapse Skiereiland eers teen Maandag en Dinsdag behoorlike reën kan verwag, maar waarskynlik nie meer as 10-20 mm nie.