Maar dalk moet ons meer aandag skenk. In n nuwe studie is bevind amper 100% van mense weet nie hoe om hul hande behoorlik te was nie, veral nie wanneer hulle kos berei nie. 

Volgens Science Alert het die Amerikaanse departement van landbou bevind 97% van die 383 mense wat getoets is, pas nie voldoende handhigiëne toe nie.

Deelnemers aan die ondersoek, wat in Noord-Carolina uitgevoer is, het ses spesiaal ontwerpte toetskombuise gekry waar hulle kalkoenburgers en slaai moes berei terwyl hulle fyn dopgehou is. 

Nadat die kook- en skoonmaaksessies opgeneem is, het wetenskaplikes bevind net 3% van die vrywilligers het die korrekte handwas-stappe gevolg, soos aanbeveel deur die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en voorkoming.

Daar is ook in die studie bevind die helfte van die deelnemers het bakterieë van rou vleis versprei na speseryhouers weens swak handhigiëne, berig Metro.

Bakterieë is ook in 11% van gevalle na die ykashandvatsels versprei.

Volgens die Global Hygiene Council word dit as die basiese higiëniese minimum vereiste beskou om jou hande ses keer per dag te was.

En wat is dan nou eintlik die regte manier?

Die sentrums vir siektebeheer en voorkoming beveel aan dat jy jou hande natmaak voor jy dit met seep insmeer.

Dit sluit in die agterkant van hande, tussen vingers, onder die naels en die handpalms.

Was die hande 20 sekondes lank, draai die kraan oop, spoel af, draai die kraan toe en droog af met ’n skoon handdoek.

Klink heel maklik nie waar nie? Nou hoekom kry so min van ons dit dan reg?

Bronne: The Metro, Science alert, Coach.nine.com.au