book-icon Uitgawe 24 September 2020

Nes hul verlamde ma, is dié wonderwerk-drieling ook nou in rolstoele

akkreditasie
Chantel en Rob Emery se drieling is serebraal gestremd. Foto verskaf
Chantel en Rob Emery se drieling is serebraal gestremd. Foto verskaf

Vyf jaar gelede het Rob en Chantel Emery van Roodepoort eers nie mooi geweet of hulle moet lag of huil toe hulle hoor ’n drieling is op pad nie. En toe die aanvanklike skok vir vreugde plek maak, het hulle maar alte goed geweet groot uitdagings wag op hulle.

Want sewe jaar tevore was Chantel ná ’n motorongeluk verlam en sedertdien in ’n rolstoel gekluister. Hoe sou die lewe met die nuwe woelwaters wees?
Nogtans het sy en Rob so goed soos hulle kon vir die geboorte voorberei en na die groot dag uitgesien.

Maar toe breek daardie dag aan toe sy net meer as 26 weke swanger was – en drie van die babas in die badkamer van hul huis gebore is. Omdat haar onderlyf verlam is, het Chantel nie besef sy is in kraam nie. Rob was by die werk, en Chantel het sy seun uit ’n vorige verhouding, Joshua (toe 13), geroep om haar te help.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees