Die liggaam van ’n 34-jarige vrou is vanmiddag uit die see gehaal nadat haar voertuig oor die rand van die Voëlklip-uitkykpunt naby Heroldsbaai gestort het.

“Die vrou se liggaam is aan die patoloog oorhandig,” het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, gesê. 

“Dit is in dié stadium onbekend wat gebeur het,” sê hy. Volgens hom was dit ’n wit motor. 

“Daar was ’n meisie en seun van so agt of nege jaar in die motor,” sê Malcolm.

Die seun het op een of ander manier kort voor die motor by die krans af geval het, uit die voertuig ontsnap. Die seun het net geringe beserings opgedoen.

“Hy word medies versorg en ook met berading bygestaan.”

Volgens Malcolm is die polisieduikers, nooddienste en Nasionale Seereddingsinstituut op die toneel. ’n Helikopter is ook besig om die area te fynkam. 

"Die soektog duur voort."

Die ongeluk het omstreeks 12:00 gebeur. “Dit is nog te vroeg om te sê wie die mense is,” sê Malcolm. 

Heidi Scheepers is hier met haar kinders, Hugo en
Heidi Scheepers is hier met haar kinders, Hugo en Cuzette, in ’n minibussie oor die afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai. Nog 'n motor het Donderdag oor die uitkykpunt gestort. Foto: Corrie Hansen
  • In Oktober 2019 het Heidi Scheepers se voertuig, ’n VW Caravelle ook oor die rand van dieselfde uitkykpunt gestort. Haar twee kinders, Cozette en Hugo, was saam met haar in die motor. Net Heidi en Hugo se liggame is later gevind. Cozette se liggaam is nooit gevind nie.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe