Maar die siekte wat Helen Nutter, ’n Britse ma, gedwing het om dié moeilike besluit te neem, het nou vererger, en sy kan doodgaan tensy sy duur behandeling in Duitsland kry. 

Helen (32) van Upton, Engeland, moes haar swangerskap beëindig op grond van mediese advies. 

Sy moes die besluit maak om haar tweede kind in die lewe te bring of haar eerste sonder ’n ma te laat nadat sy op 14 weke uitgevind het sy ly aan ’n ongeneeslike siekte. 

Sy en haar man, Matt en seuntjie, Louie (3), was op pad om vakansie te gaan hou, toe sy begin hoes het.

Ons het ’n seuntjie gehad en het daarna uitgesien om nog een te hê, maar ons moes ongelukkig die besluit geneem het

Sy is later na die dokter wat haar gestuur het vir toetse omdat hy bekommerd was sy het dalk ’n bloedklont. Die toetse het later teruggekom en nie-kleinsellongkanker is by haar gediagnoseer. 

Matt (35), ’n spuitverwer, sê die paartjie was gebroke toe hulle die advies van die dokters kry dat sy haar swangerskap moet beëindig om chemoterapie te kry. “Hulle wou haar nie chemoterapie gee voor sy nie die swangerskap beëindig het of tot sy 20 weke swanger was nie, en dit sou ses weke duur.” 

Hy sê sy vrou het nooit gerook nie. “Sy het nooit aan ’n sigaret geraak nie. Sy het reg geëet. Dit het ons onkant gevang.

“Dit was aaklig. Ons was eers regtig gelukkig. Ons het ’n seuntjie gehad en het daarna uitgesien om nog een te hê, maar ons moes ongelukkig die besluit geneem het.” 

Maar Helen se gesondheid het weer onlangs versleg. Sy kort dringend spesialisbehandeling, wat nie deur die nasionale gesondheidsorg in Engeland gedek word nie.

Helen, ’n berader, vlieg Sondag na Duitsland om dié behandeling te kry, maar sy gaan waarskynlik nog behandeling kort. Die behandeling kan meer as R180 000 beloop. 

’n Fondsinsameling is begin om haar mediese koste te dek. 

Matt sê sy vrou is ’n baie private persoon en is skaam om geld te vra vir haar mediese koste, maar haar doel is om vir hul seuntjie te bly leef. 

“Ons glo nie dit is haar lewenspad om nie ons seuntjie te sien groot word nie, nie vir een oomblik nie.”