Die afgelope week het die een na die ander bekende ’n besoek aan die haarkapper afgelê . . . en sjoe, hulle lyk goed! 

Afrikaans se popprinses, Karlien van Jaarsveld, het Vrydag ’n selfie op Instagram waar sy haar nuwe en blonder haredos wys – en meer belangrik, haar slanke lyfie ten toon stel – en dít enkele maande nadat sy die lewe geskenk het aan haar en manlief, Joe Breytenbach, se dogtertjie, Elah.

AFRIKAANS IS GROOT BABA #elah photocred : @rinel_official

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

AITSA, KARLIEN!

Dit moet iets in die soel somerlug wees, want ons bekendes lyk boonop almal of jy hulle deur ’n ring kan trek en hulle straal behoorlik.

MARILYN WIE?

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Pasella-aanbieder Cindy Nell het besluit om haar kenmerkende donkerbruin hare vaarwel te roep vir ’n smeulende blonde kop waar sy ’n effense Marilyn Monroe-trek het . . . Sien jy dit? 

NATUURLIK MOOI

Angelique Potgieter, wat swanger is met ’n tweeling, het ook gedurende verlede week aanhangers verstom toe sy te kenne gegee het, haar kop staan terug na haar natuurlike haarkleur. En te oordeel aan die kommentaar op Huisgenoot se Facebook-blad is hulle gaande oor die pragtige roesbruin. 

Splinternuwe en eksklusiewe swangerskapfoto’s van Angelique is vandeesweek in Huisgenoot gepubliseer waar jy kan sien hoe die skoonheid se hare voorheen gelyk het.

KYK NOU NET!

Bobby van Jaarsveld soos wat jy hom nog nooit gesien het nie . . . Foto: Louis Daniel Botha

Hou, hart, hou! Dit is nie net die Eva’s wat asem wegslaan nie – Huisgenoot het ook onlangs swart-en-wit-foto’s van Karlien se ewe bekende kleinboet, Bobby van Jaarsveld, soos wat jy nog nie vantevore gesien het nie, gepubliseer. En asof dit nie genoeg was nie het ons, om julle te bederf, ook 16 ander smeulende spiertiere geïdentifiseer – en so iets het jy beslis nog nie aanskou nie!