Hy kan as die fiksste oupa ter wêreld beskou word – sy aanhangers in die sosiale media dink beslis so!

Bill Hendricks, van Dallas in Amerika, bring die meeste van sy tyd aanlyn deur, waar hy ’n invloedryke fiksheidskenner vir sy meer as 26 000 aanhangers op Instagram is.

Dié 67-jarige voormalige seesoldaat oefen minstens twee uur per dag by ’n plaaslike gim en deel gereeld sy oefenroetines in sosiale media, berig Metro News.

“My inskrywing is weer gedeel in ’n groep vir mense ouer as 40 wat fiks bly, en skielik het duisende mense my begin volg en stel belang in hoe ek dit regkry om so te lyk,” sê Bill.

“Ek het gedink dit sou ’n prettige geleentheid wees om met mense te gesels oor fiks bly en hoe ek dit doen.”

Morning - coffee anyone? ????

A post shared by Bill Hendricks (@billh1950) on

So hoe bly die oupa fiks en gesond? Wel, Bill het aan Daily Mail vertel hy eet twee ontbyte per dag en ’n hoenderslaai voor hy gim toe gaan.

“Ek eet elke dag dieselfde kos. Ek eet hawermout, omelette, hoender en slaaie. Ek drink glad nie – dit het nooit met my akkordeer nie.

“Ek dink ek het ’n fisieke gawe ontvang en ek wil dit nie vermors nie. Ek was nog altyd sportief en het fiks gebly,” sê hy.

“Pull” days start with lat pull downs. ????

A post shared by Bill Hendricks (@billh1950) on

Bill, wat ook in die 1970’s as vermaakkunstenaar gewerk het, sê hy is nie ’n persoonlike afrigter nie, maar hou daarvan om vir mense raad oor fiksheid te gee.

“Ek is nie ’n persoonlike afrigter nie, en gee dus nie professionele raad nie. Ek sê net vir mense wat ek doen, omdat hulle belangstel.

“Ek het nog altyd geëet om aan die gang te bly. Ek beskou kos as brandstof. Ek probeer altyd my liggaamsvet verminder.”

Just a typical Tuesday. ?? ????

A post shared by Bill Hendricks (@billh1950) on

En hoewel dié gebeitelde oupa in April 68 word, sê hy mense keer hom nog voor op straat en is verstom met sy ferm lyf.

“Sommige mense is partykeer ’n bietjie jaloers, maar die meeste mense is ondersteunend en hou daarvan om my vordering te sien.”

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk, storytrender.com