Die hondjie Oliver toe hy by die DBV aangebring is. Foto: Facebook

Klein Oliver wat sowat vyf jaar oud is, is die afgelope week in ’n emmer by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Boksburg gelos nadat sy  eienaar doodluiters daar ingestap en verklaar het dat hy wil nie meer die hond wil hê nie.

Hy is steeds baie ondervoed.
Hy is steeds baie ondervoed. Foto: Facebook

“Hy het die emmer neergesit en opgekrul binne-in was die hartseerste gesig wat ons in ’n baie lang tyd gesien het,” sê Vicky Finnemore, die bestuurder van die tak. “Dit was ’n skeletagtige figuur wat soos ’n hond gelyk het en dit was deurdrenk met motorolie. Die eienaar het aangevoer die hond was al ’n lang tyd siek. 

Die personeel was baie ontsteld toe hulle Oliver s
Die personeel was baie ontsteld toe hulle Oliver sien. Foto: Facebook

“Die worshond-kruising het sy koppie opgelig en om hom gekyk. 

“Die eienaar het uitgestap nadat hy deurgeloop het onder DBV-personeel.”

Hulle het die hondjie uit die emmer gelig en toe hulle sien hy kan steeds loop het hulle geweet daar is hoop en hulle het hom dadelik veearts toe gevat.

Intussen het mense van oral hul hart en beursie oopgemaak in ’n poging om Oliver en die DBV te ondersteun.

Mense in Suid-Afrika, asook Pennsilvanië en Maryland in Amerika, Nieu-Seeland en Engeland het na hulle uitgereik.  

Hulle gebruik die skenkings om na Oliver om te sien en mediese onkoste vir sy sorg te dek. 

Dieselfde middag dat Oliver by die DBV aangekom het, het hy sy naam gekry en is hy vier keer gebad.

Dieselfde middag dat Oliver by die DBV aangekom he
Dieselfde middag dat Oliver by die DBV aangekom het, het hy sy naam gekry en is hy vier keer gebad. Foto: Verskaf

“Die reuk van die olie het 'n mens naar gemaak; jy kan net dink waardeur hy is. Nadat hy gebad is, het hy ’n bak kos gekry wat hy binne sekondes verslind het,” vertel Vicky.

Hy het behoorlik die bak kos verslind. Foto: Versk
Hy het behoorlik die bak kos verslind. Foto: Verskaf

Hy het negatief getoets vir bosluiskoors, sy hart is nagegaan en hy is ontwurm en hy is op ’n drup gesit om te help met sy anemie. Hy het ’n ligte vorm van “cherry eye” waar ’n klier in die oog effens verskuif is, maar dit kan met ’n klein operasie reggestel word.

“Sy gees is heeltemal geknak,” sê Vicky. “Ons wonder of hy in sy hele lewe al ’n minuut van liefde ervaar het. Dit is ons sending om dit terug te bring.”

Teen Donderdag het Oliver se X-strale nie ernstige probleme getoon nie, maar hulle het bloedtoetse gedoen om seker te maak hy het nie enige ander onderliggende probleme nie. Die toetse sal na verwagting Vrydagmiddag bekend wees.

 “Ons wonder of hy in sy hele lewe al ’n minuut va
“Ons wonder of hy in sy hele lewe al ’n minuut van liefde ervaar het. Dit is ons sending om dit terug te bring,” sê Vicky. Foto: Verskaf

“In die stadium was hy baie depressief en het hy nie verstaan wat aangaan nie,” sê Vicky. “Hy is ook baie ondervoed. Ons kan gelukkig iets daaraan doen, maar hopelik is daar nie iets anders fout nie.”

Olivier word met baie liefde hanteer nadat hy by d
Olivier word met baie liefde hanteer nadat hy by die DBV gelos is. Foto: Verskaf

Sy sê daar is reeds talle mense wat toustaan om Oliver aan te neem en hulle word oorval met navrae. 

“Dit is goed om te sien hoe mense saamstaan vir Oliver nadat hy soos vullis hanteer is. Ons is baie dankbaar.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe