Kelly Ann Strydom van Blairgowrie, ontvang skenkings van houers water van die gemeenskap in haar tuin. Haar organisasie se naam is One Small Act of kindness.

Kelly Ann Strydom se tuin in Johannesburg. Foto: Facebook

“Ek versamel die waterhouers en Gift of the Givers reël dan dat vragmotors dit Kaap toe ry,” sê sy.

“Ons het Maandagoggend 69 ton water afgelaai en ons is klaar besig om nog in te samel en te bepaal hoeveel liters ons reeds het.”

Gift of the Givers laai die waterkanne in hul vragmotors. Foto: Facebook.

Kelly Ann sê vier trokke het die water karwei en dit het omtrent twee dae geneem om die trokke te laai.

“Die water wat by Fallen Angels Pet Rescue afgelaai word, word dan versprei na ander diereversorgingsorganisasies.”