Die viertal het Sondagoggend glo ’n motor in die omgewing van Houtbaai gesteel en in alleryl vir die polisie weggejaag.

Maar o wee, die span het nie rekening gehou met die rigting wat hul ingeslaan het nie.

Toe hulle hul oë uitvee, moes hulle tot hul skok agterkom hulle het sommer self die Pollsmoor-gevangenis binnegejaag.

Volgens Wayne Dyason, woordvoerder van die Kaapse wetstoepasser, het die manne by die West Lake-ingang wat deur besoekers en tronkbewaarders wat op die perseel bly, beland. Die manne wou glo laat spaander, maar dié keer is hulle netjies deur die lang arm van die gereg vasgevat.

En hulle het gewis geweet watter riging om met die verdagtes in te slaan . . .

Volgens Dyason is daar ongeveer 35 sake teen die rigtingbeduiwelde span: moord, poging tot moord, diefstal en die besit van onwettige vuurwapens.

Bron: news24.com