Stephen (35) word gehuldig as held nadat hy gewonde kinders gehelp het nadat die bom afgegaan het in die Manchester Arena teen die einde van Ariana Grande se konsert. En nou is hy werk by een van die restaurante in Manchester aangebied.
Hy het op straat geslaap en wakker geword van die ontploffing wat 22 mense dood gemaak het en 59 beseer het tydens ’n terroriste-aanval.
Die biljoenêr David Sullivan, mede-eienaar van die West Ham United Football Club, was so diep geraak deur die storie dat hy vir ses maande se verblyf sal betaal en hom ekstra geld gee om weer op sy voete te kom. Sy seun, Dave jnr. het hom help opspoor.
Me and dad want to rent the homeless man in manchester a house for 6 months to help him get on his feet 1/2
— DAVE SULLIVAN JNR (@DaveSulley) May 23, 2017
Stephen het daardie aand gesien hoe bebloede kinders uit die stadion hardloop. Hy het spykers en glas uit arms en gesigte van die beseerdes getrek.
“Ons kon die res van die aand nie slaap nie, nadat ons dit moes aanskou . . . As ek nie gehelp het nie, sou ek nie met myself kon saamleef dat ek die kinders net so gelos het nie.”
Nog ’n daklose man, Chris Parker, was ook een van die helde wat op die toneel gehelp het.
Chris het gebedel in die foyer van die stadion toe die bom afgaan. Sy ma het intussen met hom kontak gemaak. En deur skarebefondsing is £49 538 (sowat R815 874) van die £50 000 (sowat R823 096) binne drie dae ingesamel wat die teikenbedrag was om hom op die been te help kom.
Bronne: Itv.com, news.com.au, metro.co.uk, IBTIMES UK.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET