Maar wees gewaarsku: Jy gaan dalk hare op jou tande moet hê om dié video te kyk. 

Het jy ook altyd gedink slange lê eiers? Toe nie almal van hulle nie. Volgens National Geographic lê 70% van slange eiers; die res skenk soos die meeste soogdiere die lewe. 

Reptile Collective het Vrydag ’n video op Facebook geplaas van ’n luislang wat aan ses kleintjies die lewe skenk – ’n relatiewe klein getal aangesien dié slang tot 32 babas op ’n slag kan hê.    

Die video het wêreldwyd aandag getrek. Meer as 9,2 miljoen mense het dit al gelyk, en die vrae stroom van oraloor in. 

“Wag, so hoekom skenk die slang aan verskillende kleure (kleintjies) die lewe?” vra Loren Walters van Illinois. “Ek dog ’n slang se babas bly een kleur.”

“So word luislange gesien as soogdiere?” vra Autumn Freeman. “Elke wetenskapklas as kind het my sopas gefaal.”

Krokodille, skilpaaie en voëls lê eiers. Sommige reptiele pas hul voortplantingstrategie na gelang van die weer. In warmer gebiede lê slange eiers; in kouer gebiede skenk hulle aan lewende kleintjies die lewe omdat die grond te koud is vir die eiers om te ontwikkel. 

Reptile Collective was natuurlik ingenome met die reaksie. “Dankie vir alle belangstelling. Luislange is merkwaardige diere en oor die algemeen verdraagsaam teenoor mense.”

Kyk hier na die video:

Bronne: National Geographic, snaketype.com, mirror.co.uk