Ed Sheeran sê sy onlangse fietsongeluk, waarin sy pols, elmboog en ribbes gebreek is, kon sy loopbaan beëindig het.

Die 26-jarige het op The Jonathan Ross Show vertel hy wou nie graag sy eersdaagse toer na Asië afstel nie, maar is verplig om dit te doen nadat dokters hom gemaan het as hy “enigsins nog stres daarop plaas, sal ek dalk nooit weer kan kitaar speel nie. Toe dink ek dit is goed om verstandig te wees.”

Hy sê dis die eerste keer in sy lewe dat hy vertonings moes aflas, maar hoop hy sal binne sowat ’n maand weer heeltemal fiks wees.

"Thank you to Q for the best act in the world today award" - love ed x

A post shared by Ed Sheeran (@teddysphotos) on

Foto's: Instagram