’n Man het onthul nadat hy ’n identiteitsdokument in hul kinderoppasser se handsak gevind het wat nie ooreenstem met die een wat sy met hom en sy vrou gedeel het nie, het hulle besluit om ondersoek in te stel – en dit het nou gevolge, berig Mirror.

Die pa van twee het anoniem op Reddit vertel oor hul besluit om ’n privaat speurder aan te stel nadat hulle die dokument ontdek het toe hy die oppasser se betaling in haar sak gesit het. 

“Sy kyk tussen 10 tot 20 uur per week na die kinders,” skryf hy. “Ek het onlangs teruggekeer huis toe en dit was tyd om haar te betaal, maar sy was besig om die kinders te bad en sy het gevra: ‘Kan jy dit in my handsak sit?’ waarop ek geantwoord het: ‘Geen probleem.’

“Ek is trapaf en het haar handsak gevind, maar dit was deurmekaar en ek het dit toe in haar beursie gesit sodat dit sy maklik kon vind en tel.”

Dis toe dat hy afkom op die dokument in die deurskynende sakkie van haar beursie “en dit het haar foto bevat, maar haar naam was heeltemal iets anders as die een wat sy ons gegee het en wat ons ’n agtergrondondersoek oor gedoen het toe ons haar aangestel het.”

Hy en sy vrou het toe ’n privaat speurder aangestel omdat hulle bekommerd was dat die persoon iets wegsteek, en omdat sy na hul driejarige en eenjarige omsien, moes hulle seker maak hul kinders is veilig.

Die paartjie het toe gehoor die oppasser het twee identiteitsdokumente “om ’n burokratiese reël rakende studente se lewensomstandighede te omseil”.

Toe die paartjie besef daar het nie veel daarin gesteek het nie, het hulle dit vir die oppasser weggesteek – maar toe kom hul kleinding uit met die hele sak patas.

“Ons het nie geweet ons driejarige het ons daaroor hoor praat nie en dié laat val toe iets daaroor. Ons het aan haar verduidelik ons het bewus geword daarvan, dit ondersoek, maar alles is nou in die haak.” 

Die oppasser het ten spyte van die verduideliking geskend gevoel. 

“Sy was baie ontsteld en het gesê dis nie ons besigheid hoekom sy twee ID’s het nie, en dit was ’n skending van haar privaatheid om in haar lewe te snuffel in plaas van om haar net te vra,” skryf hy.

“Sy oorweeg dit nou selfs om haar tassies te pak.” Hoewel sommige internetgebruikers die paartjie daarvan beskuldig het dat hulle in hul oppasser se lewe gesnuffel het, het ander hul besluit gesteun.

“Sy kyk na jou kinders, jy het die reg om te weet wie sy is,” het een gebruiker laat hoor.

“As hulle so bekommerd was oor die vals ID, hoekom ’n privaat speurder aanstel in plaas van om haar net af te dank? Dis vreemd,” het nog een gesê.

Bronne: Mirror, Reddit