Sy is verlede naweek op ’n glansryke geleentheid in Las Vegas gekroon en haar program was sedertdien propvol.

Sy het ons aan die skerm vasgenael gehou met haar plasings van al haar avonture oorsee. Die 22-jarige bly nou in New York, maar reis baie as deel van haar pligte as Mej. Heelal.

Ons kyk waarmee sy haar die afgelope 10 dae besig gehou het. Dit sluit in alles van media-onderhoude tot besigtiging, die kos van New York en haar eerste internasionale reis as Mej. Heelal. Ja, ons is jaloers. 

1. Die groot trek

Dit het alles begin met haar goed inpak en verhuis na die Groot Appel waar sy vir die volgende jaar sal woon.

My home for the next year ?????????? #missuniverse ???? @lipaultsa @lipaultparis_official

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

2. Media-mania

Volgende aan die beurt was ’n mediaweek waarin die pas gekroonde Mej. Heelal min ruskans gehad het.

3. 'n Salige soetigheid

Kaaskoek eet op Times Square – regmerkie!

Eating NY cheese cake on a bench in Times Square??.... Bucket list item ? #missuniverse #newyork #cheesecake #timessquare

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

4. Deel is omgee

Demi dra haar vaardighede oor aan Sally Turner van NowThis Entertainment.

5. Drome word waar

Leef die droom. Beleef Broadway!

Got to see my first ever broadway show ?? ?? #wicked #wizzardofoz #broadway #newyork

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

6. Behou kontak

Terwyl sy van die huis af weg is, verlang sy na haar skattige Yorkshire-terriërs, maar haar familie in Suid-Afrika hou haar waarskynlik op die hoogte van hul doen en late.

7. Die groot verken

Sy leer ook die in-plekke in New York ken.

Is it too soon to have a favorite breakfast spot yet...???? @maisonkayserusa ?? #NewYork #missuniverse #breakfast

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

8. Straal

Kom ons maak ons mooi. Dis net een van die vele voordele . . .

9. 'n Groot vriendekring

Wanneer jy Mej. Heelal is, is jy deel van ’n susterskap. Op pad na die Filippyne het sy die voormalige Mej. Heelal, Iris Mittenaere, op die lughawe raakgeloop.

Look who I bumped into at the airport ?????? @irismittenaeremf #itsmorefuninthephilippines #frontrow #frontrowuniverse

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

10. 'n Nuwe dag, 'n nuwe land

Nog pret in die Filippyne. Demi-Leigh deel nuus uit die hoofstad, Manila.

The journey is the destination ?? #itsmorefuninthephilippines #missuniverse @missuniverse

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on