Nuwe inligting het na vore gekom in die opspraakwekkende ondersoek na die beweerde seksuele verhoudings tussen Fiona Viotti, voormalige onderwyseres by die Kaapse spogskool Bishops College, en seuns van dieselfde skool, is aan Huisgenoot bevestig. 

“Ek kan bevestig dat ons die ondersoek voltooi het, maar dat inligting die afgelope week na vore gekom het wat vereis dat ons moet opvolg met ’n spesifieke ooggetuie en sy advokaat,” sê Themba Ndhlovu, die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers (Saro).

“Ons is dus nog nie in die posisie om ons finale verslag voor die komitee vir etiek voor te lê om dit te bekragtig nie.” 

Hy wou nie uitwei waaroor hulle met ooggetuie wil praat, of tot watter mate sy getuienis die ondersoek sal raak nie. 

Fiona, wat Engels en geskiedenis gegee het aan die Bishops Diocesan College in Rondebosch, het laat verlede jaar opslae gemaak toe haar beweerde seksuele eskapades ontbloot is. 

Sy was in daardie stadium nog getroud met Pavo Viotti, maar hulle is intussen geskei. 

Fiona is verlede jaar met haar jare lange kêrel, P
Fiona is was met haar jare lange kêrel, Pavo Viotti,getroud. Hulle het intussen geskei. Foto: Instagram

Suggestiewe foto’s en video-opnames van haar is in Oktober verlede jaar op sosiale media versprei, en kort daarna het sy uit haar pos bedank.  

Die veelgeroemde skool, waar sy ook waterpolo afgerig het, het onmiddellik ’n eie ondersoek na die bewerings gedoen. Die destydse skoolhoof, Guy Pearson, het bevestig dat verskeie seuns by die skandaal betrek is.

In Julie vanjaar het die nuwe skoolhoof, Tony Reeler, gesê die skool het sy onafhanklike ondersoek voltooi en alle nodige owerhede is genader, maar hulle gaan nie verder kommentaar lewer nie om die betrokke partye se privaatheid en waardigheid te beskerm.

Fiona het op 22-jarige ouderdom in die tydskrif Sp
Fiona het op 22-jarige ouderdom in die tydskrif Sports Illustrated ver­skyn in ’n fotostorie wat die sport­skoonhede van 2009 gevier het

IOL het destyds berig Fiona het glo ’n verhouding met ’n matriekseun gehad. Die seun wou die verhouding verbreek, waarna Fiona na bewering “dreigende” boodskappe aan die seun gestuur het. Van die ander skoolseuns het toe van die verhouding te hore gekom. 

Fiona se pa, Dave Mallet, ook ’n onderwyser, koshuishoof en sportafrigter by die skool, het ná die drama in 'n brief aan ouers geskryf sy dogter se gesondheid en veiligheid is voortaan die familie se grootste prioriteit en dat hulle alles sal doen om haar te ondersteun. 

Fiona het vroeër vanjaar haar dienste as Engelse en geskiedenisonderwyser op ’n aanlyn platform teen R150 per uur adverteer, maar die advertensie is intussen verwyder.  

  • Fiona se regsverteenwoordiger, William Booth, is genader vir kommentaar; dit sal bygewerk word as dit ontvang word. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe