Sylvia het telefonies aan Huisgenoot bevestig dat sy moontlik in 2018 voor die kansel gaan staan, maar wou nie verder daarop uitbrei nie.

“Dit is ’n privaat geleentheid, dit is nie nuuswaardig nie,” het sy verduidelik. “Ek vra dat dit so gerespekteer word.”

Ook tydens Fredi se loopbaan het sy heeltyd uit die kollig gebly.

Fredi is in Julie 2015 oorlede nadat twee kankergewasse op sy brein gevind is. Hy is destyds in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria hiervoor behandel.

Tydens sy sangloopbaan het Fredi 12 albums uitgereik waarvan die laaste drie almal goue status bereik het.

In 2007 het hy ook ’n Suid-Afrikaanse musiekprys gekry in die afdeling beste Afrikaanse Country-album vir sy CD Hey DJ!.