In skokkende kringtelevisiemateriaal kan gesien word hoe Melina Esteves Franca die 25-jarige kinderoppasser Raiana Ribeiro, aanrand. Sy het haar geklap, met die vuis geslaan, op haar geskree en haar hare getrek. 

Sy het net ’n week vir Melina gewerk en moes na haar drielingdogters van een jaar en nege maande omsien. 

Nou word die ma nie net van aanranding teen Raiana aangekla nie; ook teen 11 ander kinderoppassers wat sy sedert die geboorte van haar kinders aangestel het.  

In beeldmateriaal kan gesien word hoe Melina Raiana te lyf gaan. Die voorval het op Woensdagoggend 25 Augustus in die vrou se woonstel in Salvador, Brasilië, plaasgevind.  

Melina Esteves Franca
Melina Esteves Franca. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Raiana het ná die aanranding by ’n venster van die woonstel op die derde vloer na veiligheid gespring. Sy het later aan die polisie gesê Melina het haar teen haar sin in die woonstel aangehou. 

Voor sy by die venster uitgespring het, het Raiana vir haar familie in ’n stemboodskap gevra om te help. Raiana het haar voet gebreek toe sy by die gebou uitspring en moes na die hospitaal geneem word. Sy is dieselfde dag ontslaan. 

Skokkende beeldmateriaal wys hoe Melina haar slago
Skokkende beeldmateriaal wys hoe Melina haar slagoffer, Raiana Ribeiro, aanrand. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Die slagoffer het by die venster uit gespring.
Die slagoffer het by die venster uit gespring. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Melina word nou deur die polisie oor die voorval ondersoek, asook oor 11 ander voorvalle waar voormalige kinderoppassers beweer hulle is ook aangerand.  

Die laaste slagoffer het by die venster van ’n woo
Die laaste slagoffer het by die venster van ’n woonstel op die derde vloer uitgespring. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die polisie het intussen Melina ondervra en vrygelaat terwyl die ondersoek voortduur. Daar is in plaaslike media berig die bure het haar met haar terugkeer na die woonstel uitgejou.