Klarissa Joubert het Donderdag 21 Januarie in die
Klarissa Joubert het Donderdag 21 Januarie in die Oranjerivier vermis geraak. Foto: Verskaf

“Orania-veiligheidsdienste, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en amptelike dorpsverteenwoordigers is op die toneel om die reuseoperasie, wat oor etlike dae strek, af te handel,” sê Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania Beweging. 

Klarissa, ’n tweedejaarstudent in sielkunde aan die Noordwes-Universiteit wat saam met haar ouers nou al vir sowat sewe maande op Orania woon, het Donderdag om 18:00 saam met ses van haar vriende na die rivier buite die dorp gegaan om op binnebande in die rivier af te dryf. 

Klarissa is weens die sterk strome van die binneband afgespoel en het verder rivieraf gedryf voor sy onder die water verdwyn het. 

Dit het ’n grootskaalse soektog na die student veroorsaak, en Orania se amptelike veiligheidsgroep, die polisie se soek-en-reddingsspan, boere uit die omgewing en honderde vrywilligers het na haar begin soek. 

Die gemeenskap help met die soektog na Klarissa Jo
Die gemeenskap help met die soektog na Klarissa Joubert. Orania se veiligheidsdienste help om die toerusting na te gaan. Foto: Verskaf

“Die Orania-gemeenskap, die omliggende boere en amptelike strukture se samewerking is ’n duidelike bewys van die vermoë wat ontsluit kan word as ’n gemeenskap saamwerk vir ’n gemeenskaplike doel, selfs in ’n baie traumatiese tyd,” sê Joost. 

'n Boer help op die Oranjerivier na die vermiste K
'n Boer help op die Oranjerivier na die vermiste Klarissa Joubert soek. Foto: Verskaf

Volgens hom het Klarissa se familie gevra dat die media en ander persone hul privaatheid respekteer. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe