So vertel André Latsky, die hoof aan die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal, waar Stefan skool gegaan het en waar sy pa, Pine, ook 'n onderwyser is.

“Sy pa huil nog baie oor sy seun se dood, en die verlange is groot. Dit sal seker vir altyd so wees.”

Stefan se lyk is op 20 Janurie 2017 in die Goukourivier in Stilbaai gevind nadat hy die vorige dag tydens 'n skooluitstappie vermis geraak het. Daar word vermoed Stefan het verdrink. 

Pine het sy seun se lyk vanaf 'n helikopter gesien tydens die soektog.

Stefan se ma, Petrusa, is 'n onderwyseres aan die Hoerskool Langenhoven op Riversdal. Volgens André probeer sy, Pine en hul jongste seun, Pieter (14) besig bly ná die tragedie. 

“Op die oog af lyk dit asof dit met hulle goed gaan. Hulle probeer maar so ver moontlik hul normale roetine volg. Die mense om hulle dra en ondersteun hulle geweldig.

“Maar al is dit moeilik, het hulle vrede in hul harte dat Stefan nou op 'n goeie plek is.”