Kaitlyn Yozviak, van Georgia in Amerika, is einde Augustus dood as gevolg van ’n luisplaag van byna drie jaar in hul woning, het owerhede gesê.
Volgens die plaaslike owerheid het Kaitlyn die “ernstigste luisbesmetting” gehad wat hulle al ooit gesien het.
Nou is haar ouers, Mary Katherine 'Katie' Horton (37) en Joey Yozviak (38), van moord aangekla. Die egpaar is ook van tweedegraadse kindermishandeling aangekla.
Mary is ’n dag ná haar dogter se dood in hegtenis geneem en Joey vier dae later.
A judge ruled there is enough evidence for second-degree murder charges against parents Mary Katherine “Katie” Horton and Joey Yozviak to go forward to a grand jury.https://t.co/QoDpb6jQfz
— KXAN News (@KXAN_News) October 1, 2020
Volgens die owerheid is sy herhaaldelik deur luise gebyt, wat die ystervlak in haar bloed verlaag het. Dit het tot die hartaanval gelei, wat die hoofoorsaak van haar dood was.
Kaitlyn het onder haglike omstandighede geleef, beweer die ondersoekers. Sy het vir byna twee weke voor haar dood glad nie gebad nie.
Parents charged with murder after lice infestation in 12-year-old daughter's hair caused her death because repeated bites for three years lowered her blood iron levels and triggered a heart attack
— Jodi ?? (@Jodi_Ann_Arias) September 30, 2020
via https://t.co/pevZ0scAkQ Mary Horton and Joey Yozviak https://t.co/R4WlPoGcu3
Die polisie het in Augustus gesien hoe vuil die huis is en dat daar allerlei peste op Kaitlyn se matras, haar speelgoed en op die meubels was.
Die meisie se twee broers is voorheen weens die onhigiëniese toestande deur Georgia se gesins- en kinderdienste uit die huis verwyder.
BREAKING: 38-year-old John Joseph “Joey” Yozviak is now charged with murder and cruelty to children in the killing of his 12-year-old daughter, Kaitlyn. https://t.co/Qg6iVrtyCm
— WGXA (@WGXAnews) September 1, 2020
In 2008, kort ná Kaitlyn se geboorte, het hulle klagtes ontvang van die vuil huis vol katte en peste.
Kaitlyn se ouers wou haar nie vir aanneming opgee nie. Die meisie is in 2018 in die sorg van haar tannie geplaas, maar sy is ses dae later na haar ouerhuis teruggestuur. Die rede hiervoor is nie bekend nie.
Bronne: wgxa.tv.news, Dailymail, NYPost
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET