Almeda Errell, nou 74, het in 2016 by haar 45-jarige seun, Robert, se begrafnis in die oë van die toe 17-jarige Gary Hardwick gekyk en was onmiddellik verlief. 

Gary (nou 21) het ná die begrafnis met Almeda, ’n ma van vier, begin uitgaan en haar twee weke later gevra om met hom te trou. “Ek het net vir hom gesê: ‘Kyk, ek is 71 en jy is 17. Is ek te oud vir jou?’ Die tiener het haar hand gedruk, gegrinnik en geantwoord: “Ouderdom is net ’n getal.” 

Drie weke later is die paartjie getroud, hoewel nie almal in hul familie hul verhouding goedkeur nie. Sommige sê Gary is net agter Almeda se geld aan. “Mense weet nie waarvan hulle praat nie,” sê Gary.

En die seks? “Dit oorskry my wildste drome,” sê Gary. Die paartjie is steeds so verlief as wat hulle drie jaar terug was. “Die seks is fantasties,” beaam die 74-jarige ouma. “Ons soen die hele tyd,” vertel dié inwoner van Maryville, Tennessee, in Amerika. 

Sy geniet hul afspraak-aande waarop hulle gaan fliek en uiteet. “Ons geniet ons verhouding,” benadruk Almeda – al is Gary jonger as een van haar kleinkinders. 

Haar vorige man, Donald, met wie sy 43 jaar getroud was, is in 2013 oorlede weens komplikasies wat uit diabetes gespruit het. 

Almeda is boonop nie die oudste vrou met wie Gary al ’n verhouding gehad het nie – sy eks was 77 jaar oud. Dié twee het glo pal gestry.

Maar Almeda maak hom gelukkig. “Sy’s is ’n cutie wat my altyd laat lag,” sê hy. 

Bronne: Mirror, Daily Mail