Die Kempton Parkse ouma Carina Greyling het altyd met haar kinders gespot as daar ooit ’n rooftog in ’n winkelsentrum is, wil sy net in ’n boekwinkel wees.

Alles in Exlusive Books was op 7 Januarie gereed om Carina Stander van Kemptonpark se 60ste verjaardag onvergeetlik te maak.

“Ek het altyd gesê ek sal ’n baie gewillige gyselaar wees – sommer daar in die hoek met ’n boek,” vertel Carina. Maar waaroor sy nie met die jare gespot het nie, is dat haar werklike droom is om een aand in ’n boekwinkel toegesluit te word en vrye teuels te hê om te lees so veel as wat sy wil. 

En toe – op haar 60ste verjaardag – is dié droom die afgelope Sondag 7 Januarie bewaarheid toe die uitvoerende voorsitter van Exclusive Books, Benjamin Trisk, en sy bestuurspan kop in een mus met haar vier dogters vir Carina ’n slaapplek in Exclusive Books se winkel in Hyde Park, Johanneburg, ingerig het.  

Alles was in Exclusive Books gereed vir Carina Greyling om die beste 60ste verjaardag te hê.

“Hoe kon ek mev. Greyling se verjaarsdagwens weerstaan, veral siende dat ons op dieselfde dag verjaar?” het Benjamin oor die spesiale versoek gesê wat hy van Leeanne Jonsson (31), een van Carina se dogters, vroeg in Desember per epos ontvang het.

Carina, ’n ouma van drie kleinkinders en ’n administrateur by die Hoërskool Norkem Park in Kempton Park, kon skaars uitgepraat raak oor die reusverrassing toe Huisgenoot.com haar Woensdag oor die afgelope naweek se gebeure bel. 

Carina se dogters, Michelle Greyling (39), die tweeling Leanda Perel en Leeanne Jonsson (33), en Nicole Greyling (31) het al die Saterdag begin om hul ma te bederf.

“Sjoe, ek is gepamperlang met ’n mani, ’n pedi en my hare is gesny!” vertel Carina oor hoe sy eers by ’n spa vir die dag getrakteer is.

Die Sondagoggend op haar verjaardag self is sy met wortelkoek bederf. “Dit was die lieflikste wortelkoek, my kinders wéét hoe mal ek is oor wortelkoek . . .”

Carina Greyling by haar dogter, Leeanne Jonsson .

Later die dag het sy ’n geskenkbewys vir ’n boek gekry en die aand het hulle haar uitgevat vir ete.

“My kinders weet hoe voel ek oor ‘n boek. Ek kry ’n boek vir my verjaardae, vir Kersfees, vir my en my man, Brian, se huweliksherdenkings. Ek vrek oor lees,” vertel sy.

Haar gunstelingskrywers is Nora Roberts, Kathy Reichs en James Patterson, vertel sy. Die middag voor hulle uit is vir ete, het haar dogters haar grimering gedoen en daarop aangedring dat sy een van die nuwe uitrustings dra wat hulle ook vir haar verjaardag gekoop het.

Sy het die aand ná die ete by ’n restaurant in Melrose Arch gedink: “Dis nou dit, wat ’n lekker verjaarsdag was dit nie!” Maar die groot geskenk sou nog voorlê . . .

Alles was in Exclusive Books gereed vir Carina Greyling om die beste 60ste verjaardag te hê.

Hul ma se verjaardag sou nie volmaak wees sonder ’n boek nie.

“Ek het vir hulle Leeanne gesê: 'Weet jy, dis al negeuur, al die winkels is toe!' Maar Leeanne het my gepaai en gesê: ‘Nee, ma, Exclsuive Books het ’n restaurant wat nog laaaat oopbly . . .”

Die eerste teken wat Carina gesien het dat hier iets vreemds aangaan, wat toe sy haar naam in silwer ballonne geskryf teen die restaurant se muur sien.

Toe sien sy die pragbed met die lieflike linne en geraamde foto’s van haar gesin op die bedkassie. Natuurlik was daar reeds ’n stapeltjie boeke van haar gunstelingskrywers en ’n pot koffie reeds gereed vir die aand wat voorlê . . .

“Ek kon nie glo wat gebeur nie. Ek was die bangste dat iemand my sou knyp en sê: 'Mevrou moet nou gaan, die winkel maak nou toe.'"

Carina vertel sy het dadelik na die trefferboekuistalling gekyk. “Aaah, die reuk van nuwe boeke . . . dis baie beter as ’n nuwe pop . . .”

Carina het die hele nag gelees, maar teen drieuur kon sy ná die dag se opwinding en lees nie meer haar oë oophou nie.

Alles was in Exclusive Books gereed vir Carina Greyling om die beste 60ste verjaardag te hê.

Die volgende oggend is sy met die R1 000-geskenkbewys, spesiaal van Exclusive Books vir haar verjaardag, met ses boeke daar weg, onder meer James Patterson se jongste boek, Haunted, en Shari Lapena, ’n skrywer wat sy nog nie te goed ken nie, se A Stranger in the House.

Sy het die aand nog net halfpad gelees deur Hardcore Twenty-Four deur Janet Evanovich enmoet nog teruggaan vir hierdie boek.

Die onderwysers en kinders van Norkem Park ken haar as ’n boekwurm en kom haal gereeld boeke by haar in haar kantoor.

Alles was in Exclusive Books gereed vir Carina Greyling om die beste 60ste verjaardag te hê.

“Ek gee nie eens om wanneer hulle nie die boeke terugbring nie, solank hulle dit na die volgende persoon aangee . . . Boeke is vir my ’n droomwêreld, ’n ontsnapwêreld, wat jy nie kan koop nie.”

En dit maak haar baie gelukkig wanneer sy jong mense sien lees en dié nuwe boeke sal hulle ook in die nuwe jaar in haar kantoor kry. “Dit was die beste verjaarsdaggeskenk van my lewe . . ."