Dit was onduidelik of hy ook in die brand beseer is en of hy dalk elders op dié eiendom in die deelstaat Oregon in VSA is.

Nadat die brand geblus is, is die verkoolde liggaam van Dieter Aulig (79) op die perseel gevind. Sy vrou, Theresa (73), het brandwonde aan haar bolyf opgedoen en is ná behandeling uit die hospitaal ontslaan.

Van die tiener, wat na bewering deur sy grootouers aangeneem is, was daar geen teken nie. 

Maar kommer het gou in skok verander vir die polisie sowel as die gemeensap van Willamina (met ongeveer 2 100 inwoners) toe brandbestryders duidelike tekens van brandstigting vind.

Die kleinseun is die volgende dag by ’n 15-jarige vriend se huis opgespoor. Hy was ongedeerd.

Hy en sy maat het volgens ’n verklaring, wat die Yamhill-polisie uitgereik het, net een doel voor oë gehad en dit was om die bejaarde Dieter en Theresa te beroof.

Hulle het so ampertjies met ongeveer $50 000 (naastenby R673 000) en nog ander gesteelde items weggekom, maar die vriend is die aand van 13 Junie tydens ’n padblokkade vasgetrek omdat hy vroeër in die omgewing van die Aulig-huis gewaar is.

Die kleinseun is die volgende dag in hegtenis geneem.

Hy word van moord, brandstigting en diefstal met verswarende omstadighede aangekla. Sy vriend word van poging tot brandstigting en diefstal met verswarende omstandighede aangekla.

Teen Vrydag was daar nog gedeeltes van die huis wat gesmeul het. Die ondersoek duur voort.

Bronne: Facebook, statesmanjournal.com, oregonlive.com