'n Skermgreep van Aubrey Fontenot se Instagram met sy seun en dié se voormalige boelie.

Aubrey Fontenot van Houston, Texas, was raadop oor sy seun, Jordan (8), geboelie word. Hy het toe self met die 11-jarige seun gesels en vasgestel dié kind word self oor sy verrinneweerde voorkoms geboelie. Sy gesin is boonop dakloos.

Die Amerikaanse pa het toe ’n GoFundMe-blad begin om vir die seun se familie sowat R10 000 in te samel. Tot op hede is meer as R459 000 reeds vir hulle ingesamel.

View this post on Instagram

So I just had to share my story yesterday .. I decided to spend some time with my sons school bully yesterday .. just to dig a little deeper on”why?” .. come to find out he was being bullied for not having clean clothes n clean shoes.. .. once again I asked “why?” .. just to find out that his family had fell on hard times and is currently homeless .. it started to make perfect sense .. we have no clue what these children are going thru these days because a lot of us just don’t care ..and this is not a uncommon story for a lot of people .. so I spent a lot of my day yesterday by shopping and teaching this young man about self respect. Integrity. Morals. Confidence. And other things that consist of going from a troubled youth to a great man.. we all come from different backgrounds but we all share the same goal of success .... I see wayyyyyy too much flexing and twerking .. club shit n etc.. not enough helping to our black community.. these young kings need us man they really do .. I can’t do it by myself .. .. you call yourself “woke” but are you truly enlightened .. yesterday somebody called me a angel .. honestly I feel it now .. if anybody wants to help this young man my dms are open .. ??????????????????????????????????????????????????????????????? I mean this in biggest way of endearment “I love my negus” I really #blackexcellence #blackkings #blackqueens #blacklivesmatter #blackfathers #fathersagainstbullies

A post shared by Aubrey #TattooEyeDid (@illuminaubrey_) on

Aubrey vertel op Instagram dat sy seun al ’n geruime tyd kla dat hy by die skool geboelie word. Maar selfs nadat hy die skool herhaaldelik gebel het om iets te doen, het dit weer gebeur. Verlede week het die boelie Jordan se selfoon gesteel.

“Dit was moeilik om nie vir my seun te vertel hy moet die ou opdons nie, veral ná die diefstal. Maar ek het vir hom gesê om koelkop te bly en vir God om die res te doen,” skryf Aubrey. “Ek is so trots op Jordan dat hy na my geluister het.”

Maar die selfoonstorie was die laaste strooi. Aubrey is skool toe en het met die hoof en ’n polisielid daaroor gepraat. Al het hulle dit nie in soveel woorde uitgedruk nie, het Aubrey die gevoel gekry die seun het hulp nodig.

Aubrey Fontenot said his son Jordan. Foto: illuminaubrey_ / Instagram

Ná skool het hy gewag tot die boelie uitkom. Hy kon die gesteelde foon sonder te veel drama by hom terugkry. Aubrey het toe besluit om die outjie oor sy gedrag uit te vra. “Net om so ’n bietjie dieper te grawe oor hoekom hy doen wat hy doen.

“Toe kom dit uit hy word oor sy vuil klere en geskifte skoene geboelie," skryf hy. "Sy gesin gaan deur ’n moeilike tyd en is op die oomblik sonder heenkome. Dit begin toe sin maak. Ons het nie ’n idee waardeur hierdie kinders deesdae gaan nie en ons gee net nie om nie . . .

“Ek het gister die grootste deel van die dag saam met hom deurgebring; vir hom klere en skoene gekoop en die jong man oor selfrespek geleer. Integriteit. Morele waardes. Selfvertroue. En ander dinge wat kan help dat hy van ’n jeugdige in die moeilikheid in ’n wonderlike man verander."

Aubrey het Jordan en die ou bymekaargebring. Hulle het dinge uitgepraat en mekaar se hand geskud. "Van nou af is julle broers en julle beskerm mekaar,” het Aubrey gesê.

Die seuns is nou vriende en speel rekenaarspeletjies in Aubrey se tatoeateljee.

Wat sê die kenners:

HELP, MY KIND LOOP DEUR!

Terg en boelie is twee verskillende dinge, sê Lizette Erasmus, ’n kindersielkundige van Pretoria. “Boelie is ’n vorm van mishandeling en het ’n aggressiewe komponent.” Sy gee ouers die volgende raad:

  • As jou kind geboelie word, moet die onderwyser en die skool ingryp. “Die onderwysdepartement vereis dat elke skool ’n boeliebeleid het wat uiteensit watter gedrag nie geduld word nie en hoe dié boeliegedrag hanteer word,” sê Lizette.
  • “As die afknouery vererger en fisiek raak, moet die skool die boelie skors. Dit maak nie saak hoe oud die kind is nie.” As die skool nie optree nie, sal die boelie se ouers dit ook nie ernstig opneem nie; daardie kind het ook hulp nodig. 
  • Dit is nie ’n goeie idee om die boelie se ouers op jou eie te nader nie. “’n Fasiliteerder moet by wees sodat al die ouers om ’n tafel kan sit. As die hoof dit nie kan doen nie, raadpleeg ’n sielkundige.”
  • Nader die onderwysdepartement as die skool nie ingryp nie.
  • Skuif jou kind na ’n ander skool as die skool nie optree nie en die situasie nie verbeter nie.
  • Kyk waarom jou kind die slagoffer is en doen moeite om te verseker dat hy of sy minstens een goeie maatjie het.
  • Die beste raad wat jy jou kind kan gee, is: “Ignoreer die boelie en maak seker jy is nooit alleen waar die boelie jou kan nader nie.”
  • Jy moet empatie met jou kind hê. As sy sê sy is lelik, moenie bloot sê dis nie waar nie. Antwoord met iets soos: “Ek verstaan hoe jy voel; hoekom voel jy so?” As jy fout vind met jouself, jou wederhelfte of jou kind, sal jou kind dié gedrag naboots, veral teenoor hulself.
  • Jou kind moet jou eerste prioriteit wees. Jou kind wat afgeknou word, moet vir terapie gaan.
  • Wanneer jou kind geterg word, speel persoonlikheid ’n groot rol. ’n Meer geharde kind sal ’n aanmerking aflag en wegloop, maar ’n sensitiewer kind kan enige grappie, hoe onskuldig ook al, ernstig opneem. In sulke gevalle is Lizette se raad aan ouers om ’n humorsin te bevorder. Sê jou kind moet vir die terggees vra: “Jy is reg, ek is baie kort; het jy geweet dit is geneties?” Of: “Jy is reg, ek hét duisend sproete!”

HOE GEMAAK MET BOELIES IN DIE SOSIALE MEDIA?

Aanlyn boelies is lafaards wat agter hul anonimiteit wegkruip, sê dr. Rosa Bredekamp, ’n voorligtingsielkundige van Kaapstad. Moenie aan hulle die mag gee om te sien hul woorde maak jou seer nie, raai sy aan.

Sy gee die volgende wenke:

  • Dink aan ’n boelie as iemand wie se woorde meer oor hulself as oor jou sê.
  • Moenie uit vergelding ’n boelie met beledigende kommentaar antwoord nie.
  • Vat hul mag weg deur hulle te ignoreer.
  • As jy wil antwoord, moenie emosioneel reageer nie.
  • Fokus in die sosiale media op die positiewe terugvoer en kommentaar.
  • Vat ’n blaaskans van die internet as jy emosioneel voel oor kommentaar.
  • Praat met iemand wat jou ’n bietjie perspektief oor die ervaring kan gee.
  • Jy kan boelies blok of rapporteer of ’n rekord hou om dit later by die polisie aan te meld as jy bedreig of onveilig voel.