Toe die BBC-aanbieder Nicky Campbell op Twitter uitvaar oor sy dogter se slordige kamer, het verskeie ouers hul dus by hom geskaar.

Nicky het in ’n twiet aan sy meer as 141 000 aanhangers sy dogter se deurmekaar kamer gewys. Sy was tuis van die universiteit, berig Daily Mail.

Haar slaapkamer se vloer was bestrooi met klere, sakke, boeke, sagte speelgoed en grimering.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het hy geskryf. “Jy is amper 19 en ek is keelvol hiervan. Ek gee nie om dat jy dit nog sou skoonmaak nie. Dit het my regtig vies gemaak.”

Sy twiet het ’n kompetisie veroorsaak tussen ouers om te kyk wie se kind die mees chaotiese kamer het. “Ou maat, daai is niks. Selfs amateuragtig. Dít is slordig,” het een ouer laat hoor.

Nog ’n ouer het haar frustrasie gedeel oor haar 20-jarige se slaapkamervloer, bestrooi met klere en ander besittings.

Maar daar was ander wat gevoel het die ouers is effe onregverdig, berig The Sun. Nicky se twiet, waarvan meer as 6 500 mense gehou het, is deur sommige as onvanpas beskryf.

“Baie onregverdige gebruik van die magswanbalans. Uiters onvanpas,” het een laat hoor. Nicky het gou ingetree en dit duidelik gemaak die twiet het sy dogter se goedkeuring weggedra en was ’n grap.

“Dis ’n grappie – iets waarmee die ouers van tieners vertroud is,” het hy geantwoord. “Ons het daaroor gelag en sy het my met die foto gehelp. Sy is die snaaksste mense wat ek ken. Sy laat my hardop lag, maar is baie slordig.” 

Bronne: The Sun, Daily Mail, The Mirror