Crystal Turk (32) van San Diego, Kalifornië, het kort voor die vierde keer wat daar komplikasies was met haar pa se hart, byna die helfte van haar liggaamsgewig afgeskud as gevolg van die veranderings wat sy aangebring het. 

Sy was vasbeslote om nie in die voetspore van haar pa, Robert Hollis (64) te volg nie. Sy ongesonde leefstyl het veroorsaak dat hy op die ouderdom van 41 ’n hartaanval en drie slagaartrillings gehad het.

Die vrees vir soortgelyke probleme het haar aangemoedig om ’n gesonder leefstyl te volg en ’n beter rolmodel vir haar seuns, Brendan en Zachary, te wees.

Crystal, tans ’n persoonlike afrigter wat 71,7 kg weeg, sê: “Ek het my pa se ongesonde leefstyl aanskou en dit het my gedruk om my lewe ter wille van my gesin te verander.

“Ek het vir my pa se lewe gevrees en ek doen dit vandag nog. Ek probeer om hom in die regte rigting te lei, maar ek weet dis baie moeilik, veral wanneer ’n mens ouer word. Ek het gehoop as my gesin kon sien dat ’n mens kan verander, hulle ook hul ongesonde gewoontes sou verander."

“Dit was ook geestelik moeilik om in die gewoonte te kom om dit elke dag te doen. Ek moes myself soms hard dwing. Iets het eenvoudig in my gekliek en ek het vir myself gesê dat ek dit nie sou doen as ek nie werklik wou nie."

“Dit het my gemotiveer om nie moed op te gee nie. Dis ’n geval pure wilskrag; jy moet iets regtig begeer om so aangedryf te word.”

Die gewigsverlies was nie net gesond vir haarself nie; dit het haar kinders geleer om baie versigtig te wees oor dit wat hulle eet.

Sy het die reis na haar gewigsverlies op Instagram aangeteken en sodoende die aandag van baie gebruikers getrek wat inspirasie geput het uit dit wat sy bereik het.

Crystal het besluit om ’n persoonlike afrigter te word om ander te mense kan help om ook hul doelwitte te bereik.