Waldo Lessing. Foto: Verskaf
Waldo Lessing. Foto: Verskaf

In sy verbeeldingswêreld kon hy steeds die gelag van die groep mans en seuns hoor saam met wie hy net ure tevore, op ’n soel hersfsdag op Gordonsbaai, in ’n kloof gestap het waar die Steenbrasrivier in die see uitmond en later na die bekende Crystal Falls met sy kristalpoele en watervalle.

Dit was veronderstel om ’n spesiale uitstappie te wees vir sy seun wat binnekort sou verjaar, vertel Stefan Lessing (55).

Waldo Lessing. Foto: Verskaf
Waldo Lessing. Foto: Verskaf
Waldo Lessing. Foto: Verskaf
Waldo Lessing. Foto: Verskaf

Oor en oor het die gebeure van daardie dag in sy kop afgespeel: Hoe hy sy seun, Waldo (toe 11), saam met die ander stappers agterlaat het en op uitdaging van ’n vriend van die waterval tot in ’n poel spring. Hoe hy na bo die water kom en sien hoe Waldo gly en na die grond tuimel, hoe sy klein lyfie stukkend slaan teen die rotse en hoe hy leweloos in die water dryf . . .

Dit was 5 April 2003.

“Ek onthou hoe magteloos ek was: stom oor die beeld wat voor my afspeel,” onthou Stefan. “Waldo het nooit ’n geluid gemaak nie.”

Sy seun is op die toneel dood verklaar.

“Dit het my in duisend stukke gebreek. Daardie aand in die bad, ure ná sy dood, het ek gedink aan maniere om my uit die lewe te ruk. Ek het nie, maar daar het jare van gebrokenheid en selfverwyt gevolg,” sê hy.

Stefan en Waldo se ma, wie se naam hy nie wil noem nie, is twee jaar voor sy dood geskei. Hulle het twee dogters, Amoré (26) en Tahlia (23).

Speeltyd op die plaas: Waldo en sy twee sussies, A
Speeltyd op die plaas: Waldo en sy twee sussies, Amoré en Tahlia. Foto: Verskaf

Hy is twee jaar later, in 2005, met Adéle (48) getroud. En al het dokters vir hulle gesê hulle sou nooit kinders hê nie – Stefan weens ’n vasektomie wat omgekeer moes word en Adéle weens vrugbaarheidsuitdagings – is die tweeling Mikal (15) en Kara (15) eers gebore en daarna Luan (11).

Stefan, Adéle, die tweeling Mikal en Kara (15) en
Stefan, Adéle, die tweeling Mikal en Kara (15) en Luan. Foto: Verskaf

Nou wil hy hoop vir ander bring.

“Ander moet weet: Ja, daar hang nou onweerswolke en die dag van môre is nog onseker – maar êrens gaan ek opstaan en besef ek het weer krag om aan te gaan.”

Hoekom nou sy verhaal vertel?

“Jis, ek was in vele opsigte broken,” sê Stefan, ’n lewensafrigter en leierskapsgids van die Wes-Kaap. “Daar word mos gesê ’n kind behoort nooit voor ’n ouer te sterf nie. Maar vir ’n ouer om so iets te moet beleef . . . Dit verniel jou.”

Waldo en Stefan Lessing. Foto: Verskaf
Waldo en Stefan Lessing. Foto: Verskaf

Sy gebrokenheid het begin met sy seer egskeiding twee jaar voor Waldo se dood.

“Ek het altyd ’n droom gehad om mense hoop te gee. Ná my egskeiding kon ek nie meer vir ander hoop gee nie – ek het self nie hoop gehad nie.”

Nadat ’n vriend van hom weke lank aan hom getorring het om weer op te staan, het juis die vriend met die idee van die pa-en-seun-staptogte vorendag gekom.

Die eerste van dié staptogte het sy seun se lewe geëis.

Stefan, Waldo, Amoré en Tahlia. Foto: Verskaf
Stefan, Waldo, Amoré en Tahlia. Foto: Verskaf

Die groep het kort voor middagete na die hoogste punt van die waterval gestap en daar piekniek gehou. Dis hierna dat Stefan vanaf ’n rots, byna 14 m bo die grond, tot in die poel gespring het.

“Die vriend wat saam met ons gestap het, het nie gesien dat Waldo na onder toe begin stap nie,” onthou hy.
Dis eers toe hy van onder die water uitkom dat hy gesien het hoe Waldo gly en na sy dood val.

“Jy spring êrens tussen hoop, geloof en verlorenheid. Leef hy of leef hy nie? Daar was ’n doodse verlamheid oor my.”

Waldo het nie geleef nie. Hy het homself jare lank verwyt, erken Stefan.

“Jy vra jouself: Hoekom het ek gespring? Hoekom het ek hom nie na onder gelei nie? Ek het dan geweet Waldo het hoogtevrees. Daar is tye dat jy skuldig voel net omdat jy lag, want jy bly fokus op die verlies.”

Dit het hom byna twee dekades geneem om die boek oor sy seun se dood en sy eie pad na heling, getiteld Lig deur die krake, te voltooi. Nou het die boek pas verskyn en hy hoop dit help ander op hul pad van heling.

Stefan Lessing het 'n boek 'Lig deur die krake' oo
Stefan Lessing het 'n boek 'Lig deur die krake' oor hul verlies geskryf. Foto: Verskaf

“Ek het besef daar is nie antwoorde op al die hoekom-vrae nie. Ek moes bloot sy dood aanvaar en besef ek kan dit nie onklaar maak nie. Die regte vraag is dit: Dit het gebeur, wat nou? Die antwoord: Om weg te kyk van die seer en die verlies en om liewer te fokus op die redes om aan te gaan.”

Toe het daar weer ’n mooi hoofstuk in sy lewe aangebreek.

“In Adéle se vorige huwelik kon sy nie swanger raak nie, en selfs nadat ek my vasektomie laat omkeer het, het dokters vir ons gesê daar is geen manier nie. Maar toe word ons geseën met ’n tweeling en later nog ’n boetie.”

Stefan (55), Adéle (48), Amoré (26), Tahlia (23), Mikal (15), Kara (15) en Luan (11). Foto: Verskaf
Stefan, Adéle, Amoré, Tahlia, die tweeling Mikal en Kara (15) en Luan. Foto: Verskaf
'As jy verby jou verlies kyk, verby die krake in jou hart en siel, sal jy ook sien: daar kom tog lig in die krake, sê Stefan. Foto: Verskaf
'As jy verby jou verlies kyk, verby die krake in jou hart en siel, sal jy ook sien: daar kom tog lig in die krake, sê Stefan. Foto: Verskaf

Al is daar nog soms verwyte en seer, gryp hy elke dag hoopvol aan. “Ek weet nou meer as ooit: Ja, daar gebeur onverklaarbare, seer dinge in die lewe. Maar as jy verby jou verlies kyk, verby die krake in jou hart en siel, sal jy ook sien: daar kom tog lig in die krake.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe