Lizette Stolz
Lizette Stolz, wat die idee vir die gedenkmuur gehad het, by George Boucher, pa van Odette en Ansie Horn, en Joan se ma. Foto: Verskaf

Odette was 11 toe sy en Anne-Marie Wapenaar (12) op 22 September 1989 in Kempton Park ontvoer is. 

Odette Boucher. Foto: Gallo Images / Media 24 argi
Odette Boucher. Foto: Gallo Images / Media 24 argiewe / Die Burger

George laat sy eksvrou, Linette van der Lingen, en sy volwasse kinders, Natasha en Etienne, agter.

Hy het tot sy dood na antwoorde gesmag oor sy dogter se verdwyning, maar dit het hom tot sy laaste asem ontwyk.

Linette vertel aan Huisgenoot dat hulle nog nie weet wat presies die oorsaak van George se dood is nie.

George Boucher Foto: Papi Morake/Media24/Gallo Ima
George Boucher Foto: Papi Morake/Media24/Gallo Images

"Hy was siek. Ek wag nog om te hoor wat die oorsaak was," vertel sy aan Huisgenoot.

"Ja, ek hoop sy siel rus nou en dat hy sy geluk kry van ons Hemelse Vader."

Gert van Rooyen en Joey Haarhoff is seker van Suid-Afrika se berugste kinderontvoerders en die verdwyning van ses meisies word met hulle verbind. Met die polisie op hul spoor, het Gert homself en vir Joey op 15 Januarie 1990 doodgeskiet.

In die boek Gert & Joey - Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar (2019) het George vertel: “Dinge gebeur met ’n mens en jy weet nie hoekom nie. Maar elkeen het sy eie rigting ingegaan en op sy eie manier sy dinge probeer doen. Ek praat van die soekery na ons kind.”

Beskibaar by graffitiboeke.co.za
Beskibaar by graffitiboeke.co.za

Op 15 Junie verlede jaar het George 'n roerende boodskap by ’n geleentheid by die Voortrekker-monument in Pretoria vir vermiste kinders voorgelees waarin hy gepraat het oor die verskriklike ontberings wat die geliefdes van mense wat spoorloos verdwyn het, moet verduur.

“Jy het innerlike wonde opgedoen en verhoudings word verteer as gevolg van jou innerlike gemoed. Maar jy leer om vas te hou en te beskerm wat nog joune is.

“Jy voel kwaad vir diegene wat soveel leed in jou lewe veroorsaak het. Jy voel ontwrig deur al die veranderings wat so skielik op jou afgedwing was.

“In die daaropvolgende jare moet jy deur allerlei beproewings worstel, maar tog deur opregte vriende en ander mense, vind jy daardie genesing.

Odette Boucher se pa, George, het by die saamtrek
Odette Boucher se pa, George, het by die saamtrek op 15 Junie hartroerend vertel hoe die families hul vermiste kinders mis. Odette is op 22 September 1989, op 11-jarige ouderdom, deur Gert van Rooyen en Joey Haarhoff ontvoer. Foto: Papi Morake/Media24/Gallo Images

“Ons sal nooit ophou soek na ons geliefdes nie, en sal aanhou tot ons ’n antwoord kry. Maar gelukkig is daar nog mense soos julle wat bereid is om uit hul pad te gaan en omgee om ons te help. Ons hoop is gevestig op God om die nodige deurbraak in die soeke na ons geliefdes vir ons te gee.

“Ek wil daarom by voorbaat aan elkeen wat bemoeid is met die soeke na ons geliefdes, wat onbaatsugtig hul kosbare tyd afgestaan het in die soeke na ’n antwoord op ’n 30-jarige stilswye en raaisel van wat met hulle gebeur het, bedank vir hul toewyding . . .”

Sy laaste Facebook-inskrywing was Donderdagmiddag om 12:15 waarin hy ’n beroep op mense gedoen het om te onthou dat "polisie se lewens saak maak".

In een van sy laaste plasings blyk dit ook dat die laaste boek wat hy gelees het, Mind Power into the 21st Century deur John Kehoe, was.

  • George se begranisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.