Ian was op die toneel van ’n brandende skoenfabriek in Shetland-straat in Durban, toe die eienaar vir hom sê sy boerboel, Nicky, is nog binne die gebou. Ian, wat baie lief is vir diere, het nie twee keer gedink nie. Hy het geweet hy moet vir Nicky red.

Volgens Ian het Nicky bedags saam met sy baas werk toe gekom en in die middag is hulle weer saam huis toe.

“Van die eienaar se werknemers was toe besig om ’n gat in die muur te maak van waar hulle gedink het Nicky is,” vertel Ian.

“Ons het by hulle oorgeneem omdat dit te gevaarlik is vir hulle want die gebou was nog aan die brand.”

Ian Wessels (regs) en ’n lid van die polisie se so
Ian Wessels (regs) en ’n lid van die polisie se soek-en reddingseenheid, slaan ’n gat in ’n muur om in die gebou te kom om ’n hond te red.

Hy en sy kollegas het verder aan die gat gebreek om dit groot genoeg te kry vir Ian om daardeur te klim.

Ian het deur die gat geklim en aan die binnekant van die gebou kon hy nog die vlamme sien.

Daar, in ’n hoek op ’n veilige plek, het Nicky gelê. Daar was baie rook waar sy gelê het. Toe Nicky vir Ian sien, het sy by ’n stel trappe opgehardloop.

Ian loop langs ’n muur af terwyl Nicky die trappe
Ian loop langs ’n muur af terwyl Nicky die trappe oploop.

“Ek het begin stres, want die brand was hier aan my een kant. Maar ek het die trappe opgeklim en by Nicky gaan sit om haar te kalmeer. Sy was te groot om op te tel, so ek moes eers haar vertroue wen.”

Ian probeer vir Nicky kalmeer om haar vertroue te
Ian probeer vir Nicky kalmeer om haar vertroue te wen

Ian het Nicky begin vryf en in ’n stadium het hy net geweet Nicky is nou aan sy kant. Hy het begin om met die trappe af te stap en Nicky het agter hom aangeloop.

Toe hulle by die gat kom, het lede van die polisie se soek-en reddingspanne, wat aan die anderkant van die muur gewag het, vir Ian ’n tou gegee. Ian het die tou om Nicky se lyf vasgemaak en sy is deur die gat gehelp.

Nicky word met ’n tou deur ’n gat getrek om haar u
Nicky word met ’n tou deur ’n gat getrek om haar uit die brandende gebou te kry.
Ian Wessels (regs) en ’n lid van die polisie se so
Ian Wessels (regs) en ’n lid van die polisie se soek-en reddingseenheid, slaan ’n gat in ’n muur om in die gebou te kom om ’n hond te red.

Buite het hulle vir Nicky met water gelawe. Buiten dat sy gedehidreer was, het sy nie enige beserings opgedoen nie.

Nog water vir 'n verligte Nicky.
Nog water vir 'n verligte Nicky.

“Nicky het saamgewerk tot op die einde. Aan die manier hoe sy vir my gekyk het, het ek geweet daar was ’n dankie,” sê Ian.

“Ek sal uit my pad uit gaan om mense en diere te red.”

  • Twee mense is tydens dié brand lig beseer.
Foto's verskaf: Rescue Care
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.